Saturday, 18 May 2013

GRENADELLA SPONSKOEK



GRENADELLA SPONSKOEK


Suzan Brits
Iemand vir 'n snytjie grenadella koek??????








GRENADELLA- SPONSKOEK:
3 groot eiers
1 1/2 koppie koekmeel,
1 1/2 koppie suiker,
pulp van 5 vars grenadellas(ek gebruik grenadella pulp wat ek gebruik vir joghurt 125ml)
 3/4 koppie melk,
125ml olie,
15ml bakpoeier.
Verhit oond tot 180C.
 Klits eiers suiker, olie, grenadella pulp en melk tot lig en romerig,
 Sif by droe bestan ddele en meng goed.
 Bak vir 35-40min.
 VERSIERSUIKER:
 2 koppies gesifde versiersuiker,
 125gm botter en
 60ml grenadela pulp of 2 vars grenadella pulp.
 Versier en geniet.
 Is baie lekker tot my man eet dit en hy is nie n koek eter nie.
 Aangepasde resep uit Tydskrif Rapport.** Elizabeth Koekie Stander
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/grenadella-sponskoek.html

No comments:

Post a Comment