Saturday, 18 May 2013

LAMSBREDIE MET GROENTE

                                                 

Lamsbredie met Groente

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/lamsbredie-met-groente.html
1,5 kg stowelamsvleis
50 g botter
30 ml olie
2 uie, in wiggies gesny
4 knoffelhuisies, fyn gedruk
15 ml suiker
30 ml koekmeelblom
30 ml tamatiepuree
2 tiemietakkies
2 lourierblar
600 ml vleisaftreksel
200 g jong wortels, geskraap en in stukke gesny
200 g groenbone, in stukke gesny
250 g baba-aartappels, gehalveer
10 vlapampoentjies, in kwarte gesny
8-10 mentblare, gekap
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Braai die vleis in die botter en olie tot bruin in 'n swaarboomkastrol. Verlaag die hitte. Voeg die uie en knoffel by en braai stadig tot gaar. Voeg die suiker, koekmeelblom en tamatiepuree by en braai vir 'n paar sekondes. Voeg die kruie en aftreksel by en laat opkook. Roer deur, bedek en laat prut vir 2-3 uur tot die vleis sag is. Voeg die groente by en laat prut vir 20 minute tot gaar, maar steeds ferm. Roer die mentblare by en geur na smaak met sout en peper. Sit voor op rys of fyn aartappel.*Carol Elliott Claassen *
     Foto>Kookkuns<



TAMATIE-SKAAPSKENKEL-BREDIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/lamsbredie-met-groente.html
1kg skaapskenkels,

15ml meel,
15ml olie,
2 uie gekap
2 knoffelhuisies gekneus
sout en gemaalde swart peper
1kg groot ryp tamaties geskil en gekap
6 swartpeperkorrels
5ml suiker
3 aartappels geskil en in kwarte gesny.
Rol vleis in meel en braai in voorverhitte olie tot bruin haal uit kastrol en plaas eenkant.
Soteer uie en knoffel in selfde kastrol tot sag.
Voeg vleis weer by. Geur na smaak. Voeg tamaties peperkorrels en suiker by.
Verlaag hitte sit deksel op en prut ongeveer 2ure.
Voeg aartappels so 30min voor einde by. Kook tot vleis en aartappelsBedien met bruinrys of koring*Moira Botha Dyer...

No comments:

Post a Comment