Tuesday, 7 May 2013

GRONDBOONTJIE BOTTER KOEKIES

PEANUTBUTTER KOEKIES                                 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/grondboontjie-botter-koekies.html

1 Kop peanutbutter

1/2 k bruinsuiker
1 eier geklits
1 Teelepel bakpoeier.


Meng alles saam en rol in balletjies en druk plat met vurk.
Bak 10-15min op 180 grade C
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
11/7/13









GRONDBOONTJIE-BOTTERKOEKIES MET JUNGLE OATS
: [JUNGLE OATS RESEPTE]
250 g botter
500 ml suiker
2 eiers, geklits
125 ml Black Cat gladde
grondboontjiebotter
10 ml koeksoda
25 ml melk
5 ml vanieljegeursel
500 ml koekmeel, gesif
500 ml Jungle Oats
500 ml klapper
500 ml graanvlokkies
Voorverhit oond tot 180ºC.
1. Room botter en suiker saam.
2. Voeg geklitste eiers by.
3. Voeg grondboontjiebotter by en meng goed.
4. Los koeksoda in melk op. Voeg geursel by.
Voeg by bottermengsel en meng goed.
5. Meng die res van die bestanddele en voeg by die grondboontjiebottermengsel. Meng.
6. Vorm balletjies so groot soos okkerneute.
Plaas op ’n gesmeerde bakplaat en druk effens plat met ’n vurk.
7. Bak 10-15 minute lank tot goudbruin en gaar.
8. Keer uit op ’n afkoelrak. Laat afkoel en berg in ’n lugdigte houer.
Lewer ongeveer 8 dosyn koekiesBerie Vd Velden Smith 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/grondboontjie-botter-koekies.html

GRONDBOONTJIEKOEKIES

Bestanddele
2+1/2K meel
125g botter/margarien
125g grondboonbotter
1K suiker
1 ekstra groot eier
5ml vanieljegeursel
1/2tlp(3ml) b/poeier
5ml koeksoda
Knippie sout

Metode: 
Voorverhit oond tot 180C. Smeer paar bak pannetjies.
Room botter & suiker tot romerig. Voeg grondboonbotter, eier & vanielje by & meng goed. Sif droe best saam, voeg by bottermengsel & meng goed.
Rol deeg in duif-eier grote bolletjies. Plaas bietjie apart uitmekaar, druk effens plat met vurk & bak vir 15-20min of tot gaar. Laat bietjie afkoel in pan & keer uit op draadrak. Bere in 'n lugdigte houer. (Maak so 40 koekies). 
Moira Botha Dyer

No comments:

Post a Comment