Tuesday 7 May 2013

SWELLENDAMKOEK



SWELLENDAMKOEK


Die vulsel word eerste gemaak, want dit moet heeltemal afkoel.
VULSEL:
1 liter melk,
7 gelykvol eetlepels vlapoeier,
knippie sout,
suiker na smaak.

Maak dik vla met bogenoemde bestanddele en laat heeltemal koud word.
Verwyder roomlaag bo-op wanneer koud en smeer oor 3 van die koue koeklae.


Klits 4 eiers tot skuim.
Voeg
2 k suiker geleidelik by en klits baie goed.
Smelt
125g margarien en 1 k melk en bring tot kookpunt.
Voeg
2 koppies meel by eiermengsel, asook ‘n knippie sout en 2 teelepels vanielje
. Strooi 2 teelepels bakpoeier bo-oor die meelmengsel.
Gooi nou warm melkmengsel bo-oor.
Laat staan minstens 2 minute en klop dan vinnig.
Gooi uit in koekpanne (2) en bak by 190°C vir 30 minute.
Laat bietjie afkoel en sny elke laag in 2.


Terwyl die koeklae bak, maak die versiering:
VERSIERING
250 g sagte margarien,
2 k versiersuiker,
4 t vanilla
Klits bogenoemde goed saam tot romerig.
Plaas nou die koeklae op mekaar en versier die boonste laag met die versiering.
Eet die koek terwyl nog so louwarm.* Chessalee 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/swellendamkoek.html

No comments:

Post a Comment