Wednesday 8 May 2013

MIELIEMEEL POFFERTJIES





Mieliemeel Poffertjies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/05/mieliemeel-poffertjies.html

Hierdie pappoffertjies is heerlik as n voorgereg of bykos by n braai.
I koppie mieliemeel
I liter kookwater

1 pakkie garlic and herb patato bake.

2 koppie gerasperde kaas
1 ui fyngekap en gebraai

I pakkie bacon fyngekap en gebraai

Meng mieliemeel en patatobake

Gooi kokende water in diep mikrogolf bak.
Voeg meel mengsel by terwyl jy vinnig met draadklitser klits om klonte te vermy.
Klop tot dit begin verdik.

Kook vir 4 min op hoog in mikrogolf

Meng goed deur en plaas gladwrap op pap se oppervlak om te verhoed dat dit n velletjie vorm.laat staan tot dit amper koud is(jou vinger moenie brand nie) amper koud dus

Braai intussen n pakkie bacon tot bros.
Sny fyn op en voeg by pap

Voeg 2 koppies gerasperde kaas
by
Braai 1 groot ui wat fyngekap is en voeg by
Klits 3 eiers en meng in pap.
Voeg nou 2 koppies bruismeel by en meng goed deur .

Bak lepelsvol in warm kookolie en gooi biki aromat oor.
Dis n groot hoeveelheid .. Maar dit is n heerlike snack voor n braai.. Daar bly niks oor nie.
Ek het die basis resep lank gelede in wenresepte 2 gekry en daarop my eie variasie gemaak*Ancoise Strydom* Resep van Huisgenoot wenresepte 2 Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment