Saturday 4 May 2013

HOLLANDSE POFPANNEKOEK





HOLLANDSE POFPANNEKOEK
Linda Venter

Die Britte eet Yorkshire pudding saam met lamsboud. Jy maak olie warm in ’n pan in jou oond en bak dan die beslag tot dit uitpof. Die soet weergawe in Holland heet “pannenkoeken” of “poffertjes”.
Hier is my resep met frambose.
(genoeg vir 4)
4 groot eiers
250 ml melk
140 g (250 ml) koekmeel, gesif 50 g (60 ml) strooisuiker 2 ml sout sap en skil van 1 suurlemoen 80 ml botter, gesmelt 180 g frambose of enige ander bessies versiersuiker vir oorsif 1 liter sjokoladeroomys Verhit oond tot 200 °C. Meng eiers, melk, koekmeel, suiker, sout, sap en skil van suurlemoen saam tot gladde beslag. Laat rus vir 20 minute terwyl jy twee 30 cm-gietysterpanne in die oond sit om warm te word. Haal die panne uit die oond en verdeel die gesmelte botter tussen die twee. Verdeel ook die beslag tussen die twee panne en sprinkel bessies oor. Plaas terug in oond en bak vir 15 – 20 minute of tot bokant goudbruin en bros is. Sif versiersuiker oor en sit dadelik voor met sjokoladeroomys. HOLLANDSE POFPANNEKOEK BRON= SARIE KOS

No comments:

Post a Comment