Saturday 4 May 2013
VLEISPASTEITJIES MET SKONTIPE DEEG
VLEISPASTEITJIES MET SKON-TIPE DEEG
HENRIETTE SE LEKKER VLEISPASTEITJIES MET SKON-TIPE DEGIE
Ancoise Strydom
Maak maalvleis gaar met chutney, uie ens [of enige vulsel koud]
Deeg:
Klits saam:
3/4 kop melk
3/4 kop olie
2 eiers
1 kop meel
3 teel bakpoeier
1/4 teel sout
1 teel Aromat
Meng alles goed saam
Deeg bietjie dikker as pannekoek deeg
Spuit kolwyntjie pannetjies
Skep lepel vol deeg onder in skep dan een lepel vulsels (maalvleis klaar gaar)
Skep dan weer vulsel op om die maalvleis te bedek
Bak ongeveer 15 min tot ligbruin (180 grade)
Maak net seker jou maalvleis is nie te souserig nie, want dit maak jou deeg pap.
Geniet...Heerlik koud ook..pak dit graag in kosblik...ook sommer lekker vir 'n "snack" ..hou dit in die yskas vd kinders as hul wil peusel. Henriette Wessels 5/5/13> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/vleispasteitjies-met-skon-tipe-deeg.html
Catrina Kleynhans>>>> Ek dit gemaak vandag, heerlik en vinnig>01/08/2016
Lekker Skons Pasteie gebak vandag>17/12/13
Hier het ek Ham, uie, greenpeper, tamaties, sout en peper en n spatsel chillie sousie en Tuna gebraai en kaas bygevoeg, die vulsel moenie te nat wees nie en dan moet jy die vulsel laat afkoel voor jy dit op die deeg skep*Helena Kruger 17/12/13
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment