Saturday 4 May 2013

MINI-OUVROU-ONDER DIE KOMBERS





MINI-OUVROU-ONDER DIE KOMBERS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/05/mini-ouvrou-onder-die-kombers.html

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute Gaarmaaktyd: 30 minute
125 g meel

1 eier

250 ml (1 k) melk

sout en peper
300 g boerewors
1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
Smeer 4 ramekins en sit dit in die oond om warm te word.

2 Sif die meel in ’n bak. Klits die eier, melk, sout en peper saam en roer dit by die meel in tot glad.

3 Verhit ’n pan oor hoë hitte, voeg die boerewors by en braai tot egalig bruin. Sny in 8 stukke.

4 Haal die ramekins uit die oond en sit twee stukke boerewors in elkeen. Verdeel die beslag eweredig tussen die ramekins en sit nog 20 minute in die oond.

5 Sit voor met gemengde groente.
Bron: Hope Malau ** 5/5/13

No comments:

Post a Comment