Tuesday 21 May 2013

KAAS EN WYN IDEES



WENKE vir 'n KAAS-EN-WYN-ONTHAAL
by Adéle Stemmet
Dit het sy gesondheidsvoordele =1 kg Cheddarkaas bevat soveel protiene as 1,5kg rooivleis - 1,5kg vis - of 3 dosyn eiers.
*Onthou om altyd nie alkoholiese drankies voor te sit vir gaste wat dit sal verkies.
*Kies ′n tipe onthaal wat by jou gaste se smaak en ouderdom pas.
* Nooi gaste vroegtydig. Meld die tyd, tipe drag en die geleentheid.
*Doen vooraf soveel voorbereidings moontlik.
*Dek tafels voor die tyd. Sorg dat tafelversierings afgerond lyk.
*Beplan jou spyskaart sodat jy voor die tyd geregte kan maak.
*Moenie te veel verskillende geregte maak nie. Sorg dat die kleur en geur van voedselsoorte mekaar aanvul.
*Warm en koue geregte vir die spyskaart kan gedoen word. Warm kosse moet net warm genoeg bly.
*Hoeveelhede moet sorgvuldig beplan word om verleentheid te voorkom asook vermorsing:


1. ′n Tafel van 2,5m x 80cm. Is voldoende vir 25 persone.
2. Kies ′n tafeldoek wat by die geleentheid pas.
3. Omdat gaste met hul hande eet sorg vir genoeg servette.
4. ′n Vrugte rangskikking pas altyd by ′n Kaas-en-Wyn-onthaal.
5. Houtplanke kan dien as kaasborde. Leiklipskywe kan ook gebruik word.
6. Plaas kaasbord altyd gerieflik vir personse om die kaas te sny.
7. Gebruik kaasmessies of groentemessies.
8. Ongeveer 100g kaas per gas- Cheddar, Blaauwkrantz, Edam, Tussers, La Campania ens.
9. ′n Verskeidenheid van 6 tot 8 porsies verskillende kaas per gas.
10. Bedien kaas by kamer temperatuur.
11. Moet kaas nooit op slaaiblare bedien nie. - Radyse, pietersielie, jong uitjies en ander groente kan bedien word, maar moet apart van kaas wees.
12. Sny waslagie van kaas bo en onder af en los dit aan die kant vir uitkenning en maklike hantering.
13. Die skilletjie van kase soos camembert en brie moet nie verwyder word nie. Dit is eetbaar.
14. Die kase kan op foelie-omhulsel bedien word
15. Bykomstighede-25 persone:
Gemengde soutbeskuitjies -750g
Grondboontjies - 375g
Rosyne - 375 g
Aartappelskyfies en/of kaaskrulle - 150g -2 pakke
Agurkies - 200g
Swart olywe - 200g
Groen olywe - 200g
Brood-2 tot 3 soorte, bedien op broodborde maar laat gaste toe om dit self te sny of te breek.
Servette


Verskillende doopsouse.16. Dranksoorte en hoeveelhede-25 persone:
Wyn (wit en rooi) 16 bottels
Sap of pons - 10 liter.
17. Op informele onthaal skink gaste hulle eie wyn, hulle kry ook hulle eie bygeregte.
Indien warm geregte bedien word moet aansitplekke, messegoed en borde voorsien word.
In die geval mag koffie ook daarna bedien word.








IDEES*


Helene Smit
Ons het onlangs 'n kaas en wyn gedoen. Rooi en wit druiwe lyk pragtig op die tafels. Ons het ook neute, biltong, groen vye en droë vrugte gebruik.

Marieta Marx Grundling
Ja, klien porsies vrugte, gesnyde aarbeie, druiwe, mini vrugte sosaties werk ook goed. Enige iets wat met die vingers geeet word, verder meestal soutighede.


Chantelle Ferreira
Druiwe , olywe , pate's , peppadews !!!


Ben Hamilton
Ek weet dit klink stupid ma Avacado's gemash met Aromat en growwe pepper na smaak loop ook mooi. Provita of enige sagte wit of bruin brood is awsome saam met dit. Biltong Flavoured Cips en die dip werk stunning met wit wyn. Sterkte.


Ria van Niekerk
'stokkies' met 1ste cocktail tamatietjie, dan stukkie vars basilikruid en dan vierkantige blokkie mozarella kaas, lyk en staan mooi regop op n lang wit bak. Heerlik!


Paul Greyling
Gebruik baie verskillende beskuitjies en sorg dat die meeste kase in klein blokkies is of gesmeer kan word. Sit ook ongeskilde appels en piesangs op die borde en dan bakke met stukke pynappels daarin. Dit het fantasties op my troue gewerk 39jaar gelede.


Kirsty Brits
Crudites is altyd 'n wenner! Klein gesnyde groente met 'n dip in die middel! Klein sout tertjies, klein frikkedelitjies, stokkies met viennas, kaas en 'n klein pickled onion. Laat weet my as jy die resep nodig vir die sout tertjies! Ek het een wat so maklik en heel lekker is!


Christina Stienie Breed
n Bord met rou groente soos blomkool , wortelrepies


FOTOS= Helena Kruger**Die Grasdak Bultfontein







No comments:

Post a Comment