Tuesday 21 May 2013

SPITSROKEN

SPITSROKEN
Ancoise Strydomposted to
Stroop
Maak al vorige aand
5 koppies suiker
4 koppies water
10 ml pynappelgeursel
Kook alles saam en roer tot suiker smelt en as dit begin kook , kook saam vir ongeveer 5 minute .
Sit in yskas om lekker koud te word.
Poffertjie deeg
2 eetlepels botter
1 en kwart koppie melk.
Knippie sout
Kook saam tot begin kook
Voeg 1 en n kwart koppie koekmeel by en roer vinnig tot dit n bal maak en nie aan kante vassit.
Bedek met kleefplastiek en laat effe afkoel.
Klits 4 eiers een vir een by tot die mengsel dik en blink is .
Maak intussen kookolie warm.
Bak teeleepels vol in diep olie van 10 cm diep met matige hitte. Baie belangrik
Wenk : Moenie te veel op een slag bak die goedjies pof uit net soos poffertjies.
Net as mens dink dit is gaar bars dit oop en die deeg stoot n pensie uit. Bak tot eweredig en goudbruin en gooi dadelik in koue stroop  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/spitsroken.html

No comments:

Post a Comment