Thursday 16 May 2013

KAVIAAR TUISGEMAAK





KOM ONS MAAK ONS EIE
KAVIAAR

Vir al die dames wat platters maak of onthaal.
50 ml Water
1/4 tlp Agar

2 tlp Dik Sojasous
Fish Sauce of Balsamic Asyn
1 k YSKOUE kookolie (ek gebruik sommer klein botteltjie in yskas)
Teesiffie
Spuitnaald of druppertjie
Plaas ongeveer 1 koppie kookolie in yskas al die vorige dag want dit moet REGTIG KOUD WEES. Kry al die benodigdhede bymekaar WANT JY MOET VINNIG WERK.
Kook water en Agar op in mikrogolf.
Skep 1 eetl van die warm vloeistof uit, koel effens en meng met sojasous en 'n druppel fishsauce.
Meng dit goed en werk baie vinnig.
Suig dit op in 'n druppertjie of in 'n inspuiting sonder 'n naald.
Drup nou druppels in die koue kookolie.
Sodra die druppels afsak ondertoe is dit reg.
Gooi deur die siffie en spoel af onder koue water.

Werk nou met die orige vloeistof.
Die fishsauce is die geurmiddel en kan vervang word met Balsamic.
Mens het bietjie oefening nodig en die eerste keer kan dalk nie 'n sukses wees nie.
Die Agar stol baie vinnig.
*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/kaviaar-tuisgemaak.html



WENK
Agar is dieselfde as gelatine maar behou sy vorm baie beter as gewone galatine.
Gelatine is van diere afkomstig en Agar is uitsluitlik plantaardig.
Op die pakkie staan Agar Agar, maar ons se sommer net Agar.

Gebruik 1g Agar vir 100ml vloeistof. Agar is beskikbaar by PnP en Dischem.
SKFP - TRUDY SMIT Geplaas deur: Dalene Brits**16/5/13http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/kaviaar-tuisgemaak.html

No comments:

Post a Comment