Thursday 16 May 2013

OMELET MET KAAS EN MAALVLEIS





OMELET MET KAAS EN MAALVLEIS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/05/omelet-met-kaas-en-maalvleis.html

50 ml olyfolie
400 g beesmaalvleis

30 ml tamatiepasta
30 ml gekapte pietersielie
1 groen of rooi soetrissie, ontpit en gesny
3 sprietuie, gekap
8 groot eiers, liggies geklits

50 ml melk

250 ml gerasperde mozzarella

1 Verhit 20 ml olie in ‘n groot pan en braai die maalvleis bruin. Voeg die tamatiepasta en pietersielie by en geur dit na smaak. Voeg die soetrissie by en braai dit tot sag. Voeg die sprietuie by en braai dit vir twee minute.
2 Verhit twee kleefvrye panne oor matige hitte op die stoof. Gooi ‘n bietjie olie in elke pan.
3 Klits die eiers en melk saam en geur dit. Voeg 100 ml kaas by. Gooi omtrent ‘n kwart van die eiermengsel in elke pan. Gebruik ‘n lepel en roer die eier liggies totdat dit amper gaar is. Laat dit dan vir nog twee tot drie minute bak. Hou die omelette in die oond warm terwyl jy die ander twee maak.

4 Skep van die maalvleismengsel op die een helfte van elke omelet. Sprinkel die res van die kaas oor en vou die ander helfte oor. Laat die kaas smelt en sit dit voor.
Bron: Kos & Onthaal
 

No comments:

Post a Comment