Thursday 16 May 2013

EIERGEBRAAIDE RYS





EIERGEBRAAIDE RYS
30 ml (2 e) olie 3 eiers, geklits 100 g gemengde sampioene, in skywe gesny 250 ml (1 k) rys, gekook 125 ml (½ k) brandrissiesous 15 ml (1 e) ryswyn-asyn sout en peper na smaak 2 sprietuie, gekap Verhit ’n pan oor hoë hitte en gooi die olie in. Breek die eiers in, roer deurmekaar, skep in ’n bord uit en hou eenkant. Gooi nog olie en die sampioene in die pan en roerbraai tot sag. Voeg die rys by en roerbraai vir 2 minute. Roer die eiers deur en gooi ’n mengsel van die brandrissiesous en ryswyn oor. Geur met sout en peper en garneer met sprietuie. Bron; Hope Malau Plasing: Henriette Wessels

No comments:

Post a Comment