LOPERIGE SJOKOLADE POEDING
botter en kakao vir die ramekins
125 g donkersjokolade, in blokkies gebreek
125 g botter
2 eiers
2 eiergele
65 g strooisuiker
90 g koekmeel bessies vir voorsit
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Smeer 6 ramekins of oondvaste bakkies met botter en bestuif met kakao.
Smelt die sjokolade en botter in die mikrogolfoond of oor kookwater.
Klits die eiers, eiergele en strooisuiker saam vir 5-7 minute tot lig.
Vou die gesmelte sjokolademengsel in en sif die meel oor.
Vou in. Giet in die voorbereide bakkies en bak 12-15 minute tot die buitekante van die poedinkies stewig is, maar die binnekant nog effe loperig.
Maak die kante effe los met ’n mes en keer die koekies versigtig uit op eetbordjies of ’n dienbord.Sit voor met bessies.
Bron: Huisgenoot Resepte Plasing: http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/loperige-sjokolade-poeding.html
SJOKOLADE PEPPERMENT POEDING:
250ml koekmeelblom
25ml kakao
15ml bakpoeier
knippie sout
50g (½ plak) peperment sjokolade, gerasper
200ml sagte bruinsuiker
60ml sagte botter of margarien
1 ekstra-groot eier
180ml melk
SOUS:
250ml water
250ml sagte bruin suiker
50g (½ plak) peperment sjokolade
Metode: Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n medium oondbak met botter of bespuit met kleefwerende kossproei.
Sif koekmeelblom, kakao, bakpoeier en sout saam.
Roer sjokolade by.
Verroom botter en bruinsuiker baie goed en klits eier en melk by.
Voeg meelmengsel by en meng goed.
Giet in voorbereide bak.
Verhit al die bestanddele vir sous saam tot kookpunt.
Roer tot suiker gesmelt is.
Giet kokende stroop oor beslag en bak 30 minute lank tot gaar.
Geniet dit saam met roomys
Bron:Rentia van der Merwe Plasing & Foto : http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/loperige-sjokolade-poeding.html
Chocolate self-saucing pudding
Serves 4 - 6
60 g butter or margarine, softened
200 ml (170 g) castor sugar
1 extra-large egg
250 ml (140 g) Snowflake cake flour
15 ml baking powder
2 ml salt
30 ml cocoa powder
200 ml milk
Syrup
250 ml water
250 ml (200 g) light brown sugar
15 ml cocoa powder
5 ml vanilla essence
Cream butter and sugar together. Add egg and beat well until light and creamy.
Sift flour, baking powder, salt and cocoa powder together. Add to creamed mixture, alternately with milk. Mix well.
Spoon mixture into a greased, large ovenproof dish.
Syrup:
Combine all ingredients, except essence, in a small, heavy-based saucepan. Bring to the boil, stirring occasionally, and boil for about 5 minutes. Remove from heat, add essence and pour syrup over batter. Bake in a preheated oven at 180 °C for about 30 minutes. Serve with custard.*premierfoods.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/loperige-sjokolade-poeding.html
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/loperige-sjokolade-poeding.html
No comments:
Post a Comment