Thursday 16 May 2013

MALVALEKKER FONDANT



Malvalekker Fondant

Elna Kluyts

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/malvalekker-fondant.html Hierdie fondant proe heelwat lekkerder as die wat mens in die winkels koop.
En is heel eenvoudig, en net ‘n bietjie tydsaam om te maak.

Wees reg om te knie!
2 pakke wit malvalekkers (gebruik ‘n goeie maak)
2 tot 5 eetlepels water
1kg versiersuiker
½ koppie wit botter (jy gaan jou hande en vingers hiermee volsmeer, so hou dit waar jy maklik en gou daarby kan kom)

NOTA: Wees asb versigtig, die eerste paar stappe kan WARM wees
Smelt die malvalekkers en 2 eetlepels water in ‘n mikrogolf of dubbelkoker:
Sit die bak in die mikrogolf vir 30 sekondes, maak oop en roer, weer terug vir 30 sekondes,
dan weer oop en roer, doen die totdat alles gesmelt het.
Dit neem gewoonlik so 2 minute.
Gooi nou 3/4 van die versiersuiker bo-oor die gesmelte mengsel.
Bedek jou hande BAIE GOED met die botter – palms, agterkant en tussen die vingers.
Smeer dan jou werksarea ook baie goed met die botter en
gooi die malvalekker/versiersuiker mengsel in die middel.
Begin knie soos jy brooddeeg sou knie.
Dit is baie taai. Hou aan knie en voeg die oorblywende versiersuiker by en knie nog.
Smeer jou hande en werksarea met die botter as die mensgel nog vassit.
As die mengsel maklik skeur, is dit te droog, voeg ‘n 1/2 teelepel water op ‘n slag by
en knie. Dit neem etlike minute om ‘n gladde elastiese deeg te kry.
Dit moet redelik elasties wees, sodat dit nie skeur
wanneer dit oor die koek geplaas word nie.
Dis die beste om dit te laat staan, toegemaak oornag.
Maar dit kan ook dadelik gebruik word.
As daar klein wit suikerkolletjies is, sal jy net nog moet knie of nog water moet byvoeg.
Om die fondant te bêre, smeer ‘n goeie laag botter, en sit in ‘n plastiese sakkie en
dan nog ‘n sakkie wat kan seel, druk oortollige lug uit.
Die fondant hou goed in die yskas vir weke.
Onthou jy kan dit voor die tyd maak en bêre,
en dit dan gebruik soos en wanneer jy dit benodig* 


MARSHMALLOW FONDANT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/malvalekker-fondant.html 
20 marshmallows
1tblsp wooden spoon margarine
2 tsp water
3-4 cups icing sugar
Put all ingredients except icing sugar into a microwavable bowl and microwave for 30 seconds, remove, mix and microwave for 30 seconds more. Remove and mix well. The marshmallow should be runny consistency at this stage if it is not put back into microwave for a few more seconds. Add icing sugar to this a cup at a time and mix well until you have a dough like consistency. Soft but not sticky. Cling wrap and put in airtight container until needed. You can add gel colours to it once it is in dough form.

No comments:

Post a Comment