Thursday 16 May 2013

SHUSHI VIR BEGINNERS



SHUSHI VIR BEGINNERS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/05/shushi-vir-beginners.html

250 ml (1 k) jasmynrys

375 ml (1½ k) water
5 ml (1 t) sout
5 ml (1 e) suiker
30 ml (2 e) rysasyn
½ komkommer
200 g rou salm of forel of gerookte snoek
kwepie-mayonnaise (Japanse mayonnaise)
60 ml (¼ k) sesamsaad
wasabi, sojasous en gemmerpiekels vir voorsit
Kook die rys tot gaar saam met die water, sout, suiker en rysasyn (sien wenk hoe om soesji-rys te kook).
Laat afkoel.Voer ’n koekpannetjie met kleefplastiek uit.
Druk ’n dun lagie rys daarop vas.
Skil die komkommer en verwyder die pitte. Sny baie dun skywe.
Pak dit oor die rys.
Sny die vis in dun skywe en pak oor die komkommer.
Smeer mayonnaise oor en sprinkel sesamsaad oor.
Skep die res van die rys oor die vis. Druk plat met nat vingers.
Plaas nog ’n laag plastiek oor. Dop die bakplaat om en haal die boonste kleefplastiek af.
Rol die soesji op met behulp van die onderste plastiek. Sny in skywe.
Sit voor saam met wasabi, sojasous en gemmerpiekels.

HOE OM SOESJI-RYS TE KOOK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/05/shushi-vir-beginners.html

Spoel die rys 1 keer in kraanwater af.

Voeg water by die rys en verhit oor matige hitte tot die mengsel kook.
Verlaag die hitte en kook 4-5 minute sonder ’n deksel.
Verlaag die hitte tot baie laag, sit die deksel op en laat 12 minute prut of tot die rys ‘‘pap’’ gekook is.
Verhoog daarna die hitte vir minstens 5 sekondes sodat die ekstra water verdamp.
Verwyder die deksel, roer een keer vinnig deur, sit die deksel terug en skakel die stoofplaat af.
Laat 10 minute staan om te stoom. Toets die rys ná 7 minute – dit moet sag en klewerig wees.
Verwyder die deksel baie vinnig om te voorkom dat die vog van die deksel in die rys drup.
Maak ’n houtlepel of plastiekdeegskraper nat en meng die rys liggies met ’n vou-aksie van onder om die rys uit te pof.
Skep die rys in ’n plastiek- of glasmengbak.
Meng die suiker, rysasyn en sout en sprinkel dit oor die rys. Vou die rys met ’n nat houtlepel of plastiekdeegskraper in met ’n snyaksie.
Waai die rys met ’n handwaaier of ’n stuk papier sodat die asyn kan verdamp en die rys vinnig afkoel. Rys wat vinnig afkoel, is meer glansend.
As die rys papperig is, waai net meer om meer van die asyn te laat verdamp.
Wenk: Doop die deegskraper in water sodat die rys nie vaskleef nie.
Bron: Huisgenoot Resepte

1 comment:

  1. Baie Dankie Henriette dit is baie mooi uiteen gesit en maklik vir iemand wat dit wil leer**ook vir Huisgenoot ons dank..

    ReplyDelete