Friday 31 May 2013

MEXICAN SOUP

MEXICAN SOUP
MEKSIKAANSE SOP MET RISSIES EN TROTILLA SKYFIES
 [HUISKOS]
Hierdie Meksikaanse gemengde bone en rissiesop met tortilla tjips het behoorlik winterstewels aan. In die styl van chilli con carne sit jy dit voor met goed beleë cheddar, tamatie- en koljander salsa, gebreekte tortilla tjips vir kraak en suurroom vir lafenis.
45 ml olyfolie
350 g beesvleis, in blokkies gesny
2 uie, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
2 vars groen brandrissies, fyn gesny
5 ml rooipeper
10 ml gemaalde komyn
2 lourierblare
1 blik gekapte tamaties
900 ml goeie biefaftreksel
2 x blikkies gemengde bone
Bossie vars koljanderblare
Sout en vars gemaalde swartpeper
Tortilla skyfies, gerasperde kaas en suurroom vir opdiening
Metode:
Verhit die olie in ‘n groot kastrol en braai die beesvleis tot goudbruin.
Voeg die uie, knoffel en rissies by en braai vir nog 5 minute.
Voeg die rooipeper en komyn by en braai vir nog ‘n paar minute.
Gooi die aftreksel, lourierblare en blik tamaties by, prut vir ongeveer 1 uur tot die vleis baie sag is.
Voeg die bone by en prut vir nog 30 minute.
Roer die vars koljander by net voor opdiening en sit voor met tortilla skyfies, gerasperde kaas en suurroom.* Berie Vd Velden Smith



No comments:

Post a Comment