Friday, 31 May 2013

PIZZA MET SPAR DEEG

                                                             
PIZZA MET SPAR DEEG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/pizza-met-spar-deeg.html
Angus Olivier
Die ronde panne is skaars... vat 'n vierkantige oonpan, of 'n vlak koekkies oondpan. Spar deeg, laat dit solank rys terwyl jy die ander goeterse voorberei. die sak sal so vet opblaas. rasper 'n koppie elk geel, wit en mozarella kaas en meng dit. die geel en wit gee smaak en mozz keer die drade...
kerf fyn:
1 green pepper, halwe pakkie mushrooms, tamaties, 200g ham / polonie, fyn knoffel, sulke goedjies. jou smaak. haal die deeg uit op jou werksplek, waarop jy bietjie meel gestrooi het. druk druk die deeg effens plat, draai om en doen dit weer. sit in gesmeerde pan en druk trek plat sodat die panbodem vol is, of sover jy kan, volgende keer kan jy meer deeg kry as jy kort is. prik die deek hier en daar om blase te voorkom. (hou ook die bak proses hiervoor dop. jy kan die blaas stukkend druk met 'n vurk in die oond, sou die opblaas...) pak al die fyn bestanddele oral oor en bedek met kaas. bak in 180' oond so 12 - 15 minute. as die pizza oplig en styf voel, bruinerig is onder en die kaas begin bruin word, is hy reg.
WENK: kook 'n blikkie tamatie en uie ringe met bietie bazil stadig tot hy stywe pasta is. dis 'n lekker tamatie basis vir pizza.*30/5/13**
Foto>Net<



Tuisgemaakte pizza met vars bestanddele

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/pizza-met-spar-deeg.html

Hierdie is heerlik vinnig om te maak en jy kan eintlik enige van jou gunsteling bestanddele daarop sit. ‘n Lekker kinkel manier om dit voor te berei is om die indivuele pizzabasisse in ‘n kleefwerende pan op die stoof gaar te maak. Dan kry dit die mooiste kleur en lyk kompleet of dit uit ‘n houtvuur oond kom. Hierdie pizza word nie in die oond weer gebak nie en is ‘n vars benadering tot ‘n ou konsep.
Wenk: As jy genoeg panne het bedien die pizza sommer in die pan of op ‘n houtbord of broodbord om dit ekstra rustieke voorkoms te gee. Moet glad nie skaam wees met die vars kruie en olyfolie vir garnering nie en mors maar so ‘n bietjie oor die kante en rante.
• 1kg gewone witbrood deeg
• Ekstra meel vir uitrol
• 200g klein kersie tamaties
• 100g ontpitte groen olywe
• 1 pakkie bros gebraaide spek
• 1 potjie vars basillie kruid pesto
• olyfolie vir braai
• Paar takkies tiemie en roosmaryn
• Gemengde kruie vir bo op
• balsamiese asyn na smaak
-Rol die deeg baie dun uit met ’n roller, pasta masjien of wynbottel. Bak in ’n voorverhitte oond tot gaar, dit neem sowat 10 minute. Haal uit en laat afkoel.
-Braai die tamaties in genoeg olyfolie saam met die tiemie en olyfolie. Geur met sout en peper. Voeg nou bietjie balsamiese asyn by en laat effe afkoel in die pan.
-Rangskik nou die res van die bestanddele op die klaar gebakte pizzabasis en sit die kruie bo op. Nou is jy reg om te bedien!
Nog ‘n paar idees met lekker kombinasies:
• Vars druiwe met ricotta of bloukaas en neute
• Gerookte varkribbetjie vleis met suurlemoen en roketblare
• Geurige salami met groen pampoentjies, basilie en tamatieTuisgemaakde pasta met tamatie sous en vleisfrikadelle*KykNet* 9/07/2015

No comments:

Post a Comment