Friday, 31 May 2013

BRUIN KOOK POEDING

BRUIN KOOK POEDING
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/bruin-kook-poeding.html

BRUINPOEDING
3 kop Meelblom
3 teel Koeksoda
3 eetl Margarine
1 kop Melk

3 eetl Gouestroop
Sout
Metode:
Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer
in. Sif meel en sout in en meng deeglik.

STROOP:
Kook 3 kop suiker,
 6 kop kookwater,
1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in 'n groot kastrol.
 Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook.
 Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook. Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.Moenie deksel lig voor die eerste 30min. nie.
HELENA

NOTA: Een van die kosmaters (Leane Visser le Roux) het die stroop gekook van 2kp bruinsuiker en 6 kp water met bietjie gemmer by die beslag en sy se dit was baie baie lekker.


No comments:

Post a Comment