Thursday 9 May 2013

MOSBESKUIT


(Diane Roode Hancox)
In ‘n groot DIEP meng skottel sit die volgende:
250g Botter/Marg
1 Blik Kondensmelk
2koppies Suiker (kan bietjie meer insit as jy verkies)
2koppies Kookwater
Roer (ek gebruik ‘n “whisk”) tot botter gesmelt is & gemeng is.
Voeg By:
2koppies louwater
4 Jumbo Eiers
2pakkies droe Gis (Ek gebruik altyd die Anchor Pers pakkies)
Helfde van 2.5kg Koekmeel
Roer (weer eens my “whisk”) tot goed gemeng is.
Maak goed toe & los in warm plek (nou met winter, sit ek myne op warm kombers) tot dit goed skuim gemaak het. (omtrent 2-3 ure)
Voeg by:
Res van die 2.5kg Koekmeel
2Eetlepels Sout
1boks Anys
Knie goed.
Kan nog water of meel bysit as nodig.
Moet lekker deeg vorm, nie te styf nie.
Maak weer goed toe & laat rys.
Ek doen my knie werk laaterig in die aand & los oornag om te rys. Veral in die winter. Somertyd gaan dit baie vinniger.
Knie weer af en maak bolletjies, sit in broodpanne & maak weer goed toe, om in die panne te rys.
Bak teen 160C vir 1 uur.
BOLAAG:
½ koppie Melk
½ koppie Suiker
Kook in Mikrogolf tot suiker opgelos is. Laat KOUD word.
Die moet KOUD bo-oor die Mosbolletjies gesit word sodra dit uit die oond uitkom.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




Annalize Theron
Dankie Annalize vir jou foto dit lyk regtig baie lekker...Helena
22/04/2015
Helena Kruger hier is die mosbolle
Dankie Helena ek het vanoggend die mosbolle gebak en dit is heerlik. Myne het bietjie donker gebak, so ek sal bakpapier bo op sit volgende keer. Smaak en tekstuur heerlik! Ek en my man het sommer middagete gemaak van die vars beskuit.
Dis oor dit bietjie donker is dat ek nie die foto opgesit het nie. Het ook nie die suikerlagie oorgesit nie. Ek is n diabeet en probeer onnodige suiker uitskakel.......dis huidiglik al klaar ongesond vir my.





Alda Cilliers

MOSBESKUIT MET ROSYNTJIEMOS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mosbeskuit.html
Kermiskos -Mariëte Crafford-Barnard)
Meng 375ml (225g) gekneusde hanepootrosynetjies met met 4 x 250ml (1 liter) sterk-louwarm water. Voeg 125ml (100g) wit suiker by. Gooi die mengsel met die rosyntjies in 'n gesteriliseerde fles met 'n deksel. Sit die deksel op, maar moenie dit te styf toedraai nie. Laat staan dit ongeveer 60 uur lank op 'n warm plek totdat al die rosyntjies bo-op dryf. Gooi die vloeistof af (gooi die rosyntjies weg) en mens in plaas van soetmos met die deeg.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Alda Cilliers
Daar kom nie suurdeeg in nie. Die volledige is resep is as volg (dieselfde bron as die resep vir die Rosyntjiemos):
2,5kg koekmeel;
5 ml sout,
3 x 250ml suiker;
25ml anys;
250g botter of margarien;
500ml soetmos of rosyntjiemos;
ongeveer 500ml louwarm water,
botter, sonneblomolie en melk om bo-oor te smeer.
1. Sif meel en sout saam. Voeg suiker en anys by en meng goed. 2. Vryf die botter in die meelmengsel tot krummelrig.
3. Voeg die mos by die meelmengsel en meng goed. Voeg die lou water bietjies-bietjies by en meng tot 'n stywe, kniebare deeg. Knie die deeg 50 minute lank.
4. Sit die deeg in 'n groot blasbak, smeer 'n bietjie botter of olie oor die deeg en bedek met kleefplastiek. Draai die bak met die deeg in 'n kombers toe en laat oornag staan of 12 uur lank op 'n warm plek tot die deeg tot dubbel die oorspronklike volume gerys het.
5.Verhit die oond tot 180 C. Smeer of spuit broodpanne. %. Knyp stukke deeg af en rol bolletjies. Pak die bolleltjies styf teen mekaar in die panne. Bedek die panne en laat staan op 'n warm plek tot dit drie keer die oorspronklike volume gerys het.
6. Verf bietjie melk oor die bolletjies en bak dit ongeveer 70 minute lank.
7. Keer die beskuit uit die panne, laat afkoel en breek in stukke. Droog uit in koel oond. (Ek het dit nog nie self gebak nie, maar Mariëtte Crafford-Barnard se resepte kan vertrou word en ek glo dat sy elkeen self uittoets voordat sy dit in boekvorm uitgee)*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mosbeskuit.html



Berie Smith
MOS VIR MOSBESKUIT:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mosbeskuit.html

Max skryf: Siende dat daar in die jongste geselsbrief gepraat word oor outydse goed wat sekerlik aan die uitsterf is, hier is 'n resep om 'n suurdeeg te maak, eintlik is dit 'n insuur vloeistof, Dit was mos genoem, mense het dit gebruik om mosbeskuit en ook mosbolletjies te maak. Dit was ook gebruik om moskonfyt te maak. Ek het ongelukkig nie 'n resep vir beskuit of bolletjies nie, maar die konfyt is maklik.
Kook net die vloeistof tot dit so dik soos stroop is.
MOS:
Neem baie soet druiwe en trek die korrels van die stingels af.
Spoel die korrels af, moenie afdroog met 'n lap nie, gooi die korrels in 'n konfytfles en kneus die korrels.
Gooi 'n lappie oor en laat vir twee dae tot die spulletjie begin gis.
Syg dan die vloeistof deur 'n filter af en gebruik as suurdeeg.
As dit gebruik word vir beskuit en vir ander gebak, moet die hoeveelheid oorblywende suiker in die mos in berekening gebring word.
Hierdie resep kom uit 'n plakboek van my ouers en is seker al 60 jaar oud.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Berie Smith
MOSBOLLETJIEBESKUIT MET ROSYNWATER: 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mosbeskuit.html
[Weet nie wie se resep dit is nie, het dit al baie lank....jammer]
Rosynewater:
6 Koppies kookwater afgekoel tot louwarm
250g Gekneusde rosyne
2.5ml Kitsdroegis
Meng die water, rosyne en gis en laat staan 24 uur of tot rosyne bo die water dryf en borrels maak. Giet water deur ‘n gaasdoek in ‘n sif en gooi die rosyne weg.
Gebruik rosynewater in plaas van mos.
Mossuurdeeg:
6-7 Koppies Witbroodmeel, 6 Koppies rosynewater
Gebruik n 5 liter emmertjie met deksel en roer genoeg meel by die rosynewater in om n slap deeg te maak. Klop goed met n draad klitser. Maak lossies toe en laat rys op ‘n warm plek. Wanneer dit sponserig en vol borrels is, is dit gereed om die deeg meet te maak. Moenie laat afkoel nie.
Deeg:
5Kg Witbroodmeel
4 Koppies suiker
2 Eetlepels sout
2 Eetlepels anyssaad
6 Eiers, geklits
2 Koppies sagte botter
Louwarm water
Plaas die witbroodmeel, suiker, sout en anyssaad in ‘n groot knieskottel en voeg die rosynewater suurdeeg, eiers en botter by. Roer in tot goed gemeng. Voeg genoeg louwarm water by om ‘n klewerige deeg te maak. Knie 30 minute goed met die hand. Bedek in n groot gesmeerde plastiek houer en laat rys op n warm plek. Wanner die deeg in grootte verdubbel het, vou dit oor en knie liggies om die gas eweredig te versprei. Sny met n skerp mes ewe groot stukke van omtrend 6x6x6cm en vorm elke stuk in bolletjies. Smeer botter aan die hande terwyl die bolletjies gevorm word. Maak deurgaans seker dat dit nie tot onder 20 grade afkoel nie. Pak die bolletjies dig teen mekaar in 6 groot, diep broodpanne. Laat weer rys in panne tot bokant die pan se rand. Voorverhit dan die oond tot 230 grade.
Glaseersel:
1 Eier
1 Eetlepel melk
1 Eetlepelsuiker
Knippie sout.
Klits die eier, melk, suiker en sout saam. Verf die glaseersel oor die bolletjies met n sagte kwassie. Werk vining sodat die bolletjies nie afkoel nie. Plaas die panne op die onderste oondrak met n laag sterk aluminuimfoelie onder om te voorkom dat die mosbolletjies nie van onder skroei nie. Verminder die temperatuur dadelik na 180 grade sodra dit in die oond geplaas word. Bak 40-60 minute lank . Keer die mosbolletjies uit die panne deur op die boom en sye te klop tot dit loskom.
Om beskuit te maak van die mosbolletjies, sny deur die kors met ‘n skerp mespunt en breek met die vingerpunte in lang, dun beskuite. Droog uit by 50-60 grade in konveksieoonde of 80-100 grade in konvensionele oonde. As die beskuit tydens die uitdroogproses verbruin, is die oond te warm.
As die mosbolletjies nie uitgedroog word nie, bêre hom in plastiek sak, dit sal keer dat hy nie te vining uitdroog nie.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



MOSBOLLETJIES MET ROSYNEGIS:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mosbeskuit.html

4,5 kg meel
500g rosyntjies [Stamp die rosyne stukkend]
500g botter
2 eetlepels anyssaad
4 koppies suiker
1 koppie lou water
3 pakkies droë gis
1 eetlepel sout.
Kook nou die rosyne vir 10 minute lank in 6 koppies water en laat afkoel tot dit lou is.
Meng 'n halwe koppie lou water met die gis en voeg dit by die rosyntjies.
Laat dit op 'n warm plek staan tot die rosyntjies na bo dryf (24 - 36 uur).
Syg die vloeistof deur 'n gaasdoek en gebruik as suurdeeg.
Roer 4 koppies meel by die vloeistof tot dit glad is.
Laat 4 uur op 'n warm plek staan.
Smel die botter en meng dit met die res van die meel, die suiker, sout, anyssaad, suurdeegmengsel en genoeg warm water om 'n stywe deeg te vorm.
Knie die deeg vir ten minste 1 uur lank tot dit egalig is.
Maak die deeg goed toe en hou op 'n warm plek.
Laat dit oornag staan. Dit sal verdubbel.
Vorm bolletjies van die deeg en sit dit teen mekaar in gesmeerde panne.
Laat hulle op 'n warm plek rys tot dit verdubbel het en smeer met die geklitste geel van 'n eier gemeng met 'n bietjie suiker en melk.  Bak een uur lank in 'n warm oond.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*Berie Smith


David Vd Heever
Ingelse Mosbolletjies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mosbeskuit.html

Hulletts.resep
1 kg cake flour
20 g instant dry yeast (2 sachets)
120 g (150 ml) Huletts White Sugar
10 ml salt
12,5 ml aniseed
100 g (110 ml) butter
200 ml white grape juice
200 ml lukewarm milk
200 ml lukewarm water
Method
1.Mix the flour, instant yeast, sugar, salt and aniseed together.
2.Place the butter and white grape juice in a saucepan and heat until butter melts.
3.Allow cooling till body temperature; do not add the milk to the grape juice, as it will curdle.
4.Add the luke warm water, melted butter and grape juice to the dry ingredients and mix well.
5.Add the lukewarm milk and knead well until the dough is smooth and elastic.
6.Place dough on a lightly floured surface, cover with a sheet of plastic and rest for 25 minutes.
7.Knock down and divide into 40 equal pieces.
8.Roll each piece into a ball and place against one another in greased loaf pans.
9.Cover and leave to prove until double in size, about 50 minutes.
10.Bake in a preheated oven of 180ºC for 35-40 minutes.
11.Turn out of pan and allow to cool.
12.Break into pieces and place in a cool oven, 100ºC, to dry out.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


MOSBOLLETJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mosbeskuit.html

[met mossuurdeeg]
720 g-840 g witbroodmeel
1,5 liter mos (gistende druiwesap)
100 g vars gis
Deeg:
800 g suiker
30 ml sout
30 ml anyssaad (opsioneel)
6 eiers, geklits
500 g sagte botter
louwarm water
sagte botter (ekstra)
Glaseersel
1 eier
15 ml melk
5 ml suiker
knippie sout
In ’n 5 liter-roomysbak, los die vars gis op in die mos en roer genoeg meel daarby om ’n slap deeg te vorm.
Maak dit lossies toe en laat rys op ’n warm plek. Wanneer dit sponserig en vol borrels is, is jy gereed om met die deeg weg te spring. Moenie laat afkoel nie.
Vir die deeg, plaas die witbroodmeel, suiker, sout en anyssaad in ’n groot knieskottel en voeg die louwarm, ingesuurde mosmengsel, eiers en botter by.
Roer in tot goed gemeng. Voeg genoeg louwarm water by om ’n klewerige deeg te maak. Meng deeglik. Knie sowat 30 minute goed met die hand.
Bedek in ’n groot, gesmeerde plastiekhouer en laat rys op ’n warm plek. Indien dit laataand geknie word, kan die deeg oornag rys.
Wanneer die deeg in grootte verdubbel het, vou dit oor en knie liggies.
Sny met ’n skerp mes ewe groot stukke deeg af, sowat 60 g elk, en rol in bolletjies. Jy kan botter aan jou hande smeer sodat dit nie vassit nie. Maak seker dit koel nie onder 20 °C af nie.
Pak die bolletjies dig teen mekaar in ses ronde broodpanne. Laat dit weer in ’n swart plastieksak in die son rys, tot net bokant die pan se rand. Dit kan 1-3 uur duur.
Voorverhit die oond tot 230 °C.
Vir die glaseersel:
Klits die eier, melk, suiker en sout saam. Verf die glaseersel met ’n sagte kwassie oor die bolletjies.
Plaas die panne op die onderste oondrakke van twee oonde met ’n laag sterk aluminiumfoelie onderin om te voorkom dat die mosbolletjies van onder skroei. Verminder die temperatuur dadelik tot 180 °C.
Bak 40-60 min. Laat meer tyd toe vir dieper panne.
Keer die mosbolletjies uit die panne deur op die boom en sye te klop totdat dit loskom. Laat onderstebo afkoel op koelrakke*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Modern "Mosbolletjies" rusks

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mosbeskuit.html

Marietjie Swart (Rainbow cooking)
Mosbolletjies is the king of beskuit (rusks). It is sweetened, leavened yeast buns, delicately flavoured with anise seed, then baked, broken into pieces, and dried.
Mosbolletjies is not common in New Zealand though, because it is a time-consuming affair to make rusks with yeast, but also because "mos" (grape must) is not readily available in supermarkets. Through trail and error, Marietjie developed an easy recipe that is very close to Mosbolletjies, using Surebake yeast and a bread maker.
Ingredients
10 ml Surebake instant yeast
120 gram sugar
5 ml salt
5 ml anise seed
600 gram high grade flour
60 gram butter
300 ml water
Method
Place yeast and all the dry ingredients in the bread maker's bread pan. Add butter and pour water into the pan.
Close lid, set program on "dough only" cycle (called "pizza" cycle on some bread makers) and start machine. It should take about 45 minutes.
After the cycle completed, switch unit off and leave to rest for 15 minutes.
Set to the "dough only" program again and start. Switch machine off after finished.
Leave dough in closed unit to rise to double or three times the original size. Remove the dough when it rose to the brim of the bread pan. It will take about 4 to 6 hours at room temperature (or a warm cupboard in winter).
Knead dough down for 5 minutes. You could do it by hand, or set the program on the "dough only" cycle again. Do not let the machine finish the cycle, but switch the machine off after 5 minutes.
Remove bread pan from unit, form dough into small balls, and place balls in a greased oven pan or similar container.
A large bread or rusk loaf pan is ideal (and very traditional) but any shape will do. A square container measuring 25 cm x 25 cm and 10 cm high will be suitable for 36 balls, laid out as 6 rows of 6 each.
Let the dough rise for about 6 hours in a warm place, or until it is three times the original size. On a cold day it might take longer, on a warm day it will be quicker.
Pre-heat the oven to 180°C.
Paint the buns with milk, and bake for approximately an hour in the oven at 180°C.
Using a fork, gently separate the rusks from each other.
Dry overnight in a slow oven, between 80°C to 100°C.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




Foto>net

















Outydse Mosbolletjies


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mosbeskuit.html

Geskryf deur: Dalene  Boerekos.com
Regte, egte outydse resep - maak seker jy het baie tyd vir die een!!!
500 g Rosyne (met pitte)
1.5 liter (6 koppies) Water
½ koekie gis (droog of saamgepers) of 7,5 ml ( ½ eetl) aktiewe droë gis
5 kg Witbroodmeelblom
500 g Botter of Margarien of 250 g elk Botter en Varkvet
Kookwater of Melk
1 liter (4 koppies) Suiker
15 ml (1 eetl) Sout
30 ml (2 eetl) Anyssaad
Glaseersel:
Geel van 1 Eier
Suiker
Melk
1. Stamp die rosyne stukkend en moenie die pitte verwyder nie. Kook rosyne 10 minute in water en laat afkoel tot louwarm.
2. Plaas rosyne in ‘n emaljekan of –emmertjie en voeg 125 ml ( ½ koppie) van die louwarm water, gemeng met die giskoekie, by. Roer goed en laat op ‘n warm plek staan tot die rosyne bo-op dryf. Dit sal 24 tot 36 uur duur.
3. Syg die vloeistof van die rosyne deur ‘n klam kaasdoek en gebruik dit vir die suurdeeg.
4. Roer 1 liter (4 koppies) witbroodmeelblom by die vloeistof tot dit glad is en laat sowat 3 tot 4 ure lank op ‘n warm plek staan of tot die suurdeeg goed gerys het.
5. Smelt die botter (of botter en vet) en voeg ‘n bietjie kookwater by.
6. Meng die orige broodmeelblom, suiker, sout, anyssaad, suurdeeg, botter en genoeg warm water om ‘n stywe deeg te vorm.
7. Knie die deeg baie goed, minstens ‘n uur lank, tot die klein lugblasies egalig daarin versprei het (sny ‘n stukkie van die deeg met ‘n mes af om te toets).
8. Maak dit goed toe en plaas oornag op ‘n warm plek.
9. Die volgende oggend sal die deeg dubbel die oorspronklike grootte wees. Moet dit nie afknie nie, maar vorm balletjies van die deeg en sit hulle teen mekaar in 6-8 groot, gesmeerde broodpanne.
10. Laat die balletjies op ‘n warm plek rys tot hulle in grootte verdubbel het.
11. Vir glaseersel, klits eiergeel met ‘n bietjie suiker en melk en smeer oor bolletjies. Bak sowat 1 uur lank by 200C (400F).*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Mos vir mosbeskuit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/mosbeskuit.html

INternet -
Max skryf: Siende dat daar in die jongste geselsbrief
gepraat word oor outydse goed wat sekerlik aan die uitsterf
is, hier is 'n resep om 'n suurdeeg te maak, eintlik is dit 'n
insuur vloeistof, Dit was mos genoem, mense het dit gebruik
om mosbeskuit en ook mosbolletjies te maak. Dit was ook
gebruik om moskonfyt te maak. Ek het ongelukkig nie 'n
resep vir beskuit of bolletjies nie, maar die konfyt is maklik.
Kook net die vloeistof tot dit so dik soos stroop is.
Mos
Neem baie soet druiwe en trek die korrels van die stingels af.
Spoel die korrels af, moenie afdroog met 'n lap nie, gooi die
korrels in 'n konfytfles en kneus die korrels.
Gooi 'n lappie oor en laat vir twee dae tot die spulletjie begin
gis.
Syg dan die vloeistof deur 'n filter af en gebruik as suurdeeg.
As dit gebruik word vir beskuit en vir ander gebak, moet die
hoeveelheid oorblywende suiker in die mos in berekening
gebring word.
Hierdie resep kom uit 'n plakboek van my ouers en is seker al
60 jaar oud.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment