Friday 24 May 2013

PASTA SLAAIE

PASTA SLAAI MET STEAK & AVOKADO
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/05/pasta-slaaie.html

Genoeg vir 4 mense

200 g penne-pasta
100 g aspersies

250 ml (1 k) roomkaas
10 ml (2 t) knoffel, fyngedruk
skil van 1 suurlemoen
sout en swartpeper na smaak

125 ml (½ k) swart olywe

125 ml (½ k) ertjies, gaar
200 g filet-steak, verseël

1 avokado, in blokkies gesny
1.Kook die pasta in ’n pot gesoute kookwater volgens die aanwysings of tot al dente.
2.Blansjeer die aspersies in kokende soutwater vir 3 minute. Haal dit uit die warm water en plaas dit in yskoue water.
3.Meng die roomkaas, knoffel en suurlemoenskil in ’n bakkie en geur na smaak. Roer dit in die warm pasta in.

4.Voeg die aspersies, olywe en ertjies by die paste en gooi dit in ’n opdienbak. Bedek met skywe verseëlde steak en avokado. Henriette Wessels

No comments:

Post a Comment