Friday 24 May 2013

SKAAPSKENKEL IN SLOW COOKER

Skaapskenkels in die Slowcooker
:
Annelore Von Solms Joubert

4 heel lamskenkels
2 tl olyfolie
4 tl balsamiese asyn
roosmaryn takkies (gebruik maar na smaak) 2 knoffelhuisies
klein uitjies, soveel soos jy daarvan hou heel in die pot gegooi (ek het te veel ingesit, is nie mal oor die uie nie, sal volgende keer so 2 of 3 insit. )
1 Blik heel baba tamaties of 10 vars baba tamaties
sout en gemaalde swartpeper na smaak
1 tl knoffelsout

1/4 koppie Knorr se Griekse slaaisous

Gooi alles bymekaar in jou pot.

Ek het my skenkels in die pot gesit 8 uur die oggend op laag en 2 uur was hulle lekker sag gekook.
Moenie nog water bygooi nie.

Haal die skenkels versigtig uit.
Skep die tamaties en uitjies uit saam met hulle as jy wil.

Neem die sousie wat agterbly en maak dit bietjie dikker met maizena en gooi bietjie suurlemoensap en sout en peper na smaak by. Proe!
Gooi die skenkels terug in 'n pot, sous by en maak warm. Ek het fyn aartappels as bygereg gebruik en 'n vars slaai (slaai nie op die foto nie, man was te honger, moes vinnig die foto neem!)
(Hierdie resep het ek uit Huisgenoot se Top 500 Wenresepte gekry en so 'n bietjie aangepas, ek sien daar is 'n nuwe Top 500 nommer 2 uit, kan nie wag om dit te begin beproef nie.)24/5/13* Lekker resepte vir die Jongergeslag http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/skaapskenkel-in-slow-cooker.html


No comments:

Post a Comment