Friday 3 May 2013

PATAT TJIPS MET KOLJANDER MAYONNAISE




PATAT-TJIPS MET KOLJANDERMAYONNAISE

Linda VenterPatat is een van die gesonder knolgroente met ’n lae GI vir meer energie. Sit dít pleks van gewone aartappels voor vir vriende of familie met diabetes. Ek braai dit twee keer sodat dit ekstra bros buite en sag binne is.

(genoeg vir 4)
8 patats, geskil en in water
750 ml sonneblomolie vir diepbraai
sout en varsgemaalde swartpeper
Koljander-mayonnaise
250 ml mayonnaise van goeie gehalte
1 knoffelhuisie, fyngekap
sap en skil van 1 suurlemoen
1 hand vol vars koljander, fyngekap
Gebruik ’n skerp mes en sny patats in skywe van 5 mm dik. Sny elke skyf nou weer in 5 mm breë skyfies. Jy kan dit groter ook sny as jy wil. Verhit olie tot warm. Dreineer skyfies en gooi twee hande vol in die olie. Braai vir 5 minute of tot patats gaar maar steeds ferm is. Dreineer op kombuispapier en sprei eweredig uit. Dit gaan nog nie bruin en bros wees nie, net gaar soos gekookte aartappels. Herhaal met al die tjips. Stel hitte hoër sodat olie se temperatuur baie warm is. Gooi afgekoelde skyfies weer twee hande vol op ’n slag in die olie en braai vir sowat 5 – 8 minute of tot skyfies goudbruin en bros raak. Dreineer op skoon papier en hou in louoond warm terwyl jy die res braai. Geur goed met sout en peper
Mayonnaise
Meng al die bestanddele en sit voor saam met skyfies.
BRON: SARIE RESEPTE

No comments:

Post a Comment