Saturday 4 May 2013

GEMARINEERDE SAMPIOENE





GEMARINEERDE SAMPIOENE

Helena Kruger
1 knoffelhuisie
250ml wit asyn
125ml olyfolie
60ml water
30ml suiker
5ml sout
5 swart peperkorrels
2 heel kruienaeltjies[opt]
1 lourierblaar
500g dwergsampioene
METODE:
Skil en kneus die knoffel. Verhit dit saam met die res van die bestandele buiten die sampioene tot kookpunt en roer dit af en toe. Voeg die sampioene by, sit die deksel op en prut dit 5min lank. Verwyder die knoffel en gooi dit weg. Bottel die sampioene in voorbereide flesse en verseel dit. Laat dit minstens 3-5 dae marineer voor gebruik2011
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/gemarineerde-sampioene.html


 





SAMPIOEN IN SOET TIEMIE EN ROOSMARYN VINAIGRETTE GEPEKEL
SA Tuin resep - Die organiese kok- Sandy Rodgers
300ml bruin druiweasyn
150ml bruinsuiker
100ml water
2 groot bakkies knopiesampioene
6 sprietuie goed afgewas
1 rissie
1 knoffelhuisie geskil
1 takkie roosmaryn
3 takkies tiemie
1 gesteriliseerde bottel
Laat prut die asyn,suiker, water en sout vir 5 min, tot suiker opgelos is.
Plaas die vinaigrette eenkant
vee die sampioene met 'n skoon klam lap af om enige vuiligheid te verwyder.
Plaas in 'n ander pot en voeg net genoeg water by om die sampioene te bedek.
Laat prut 1 min en dreineer in vergiettes. Gooi die water uit.
Sny die sprietuie in die helfte om in die bottel te pas.
Plaas hulle dan saam met die rissie, knoffel, roosmaryn en tiemie in die bottel en voeg de sampioene by.
Giet die soet vinaigrette daaroor en verseel die bottel.
Bere 3 weke in 'n koel donker plek voor jy dit voorsit.
Bere die bottel in die yskas nadat dit oopgemaak is.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/gemarineerde-sampioene.html

Lydia Buitendach
INGELEGTE SAMPIOENE
Le sampioene in. Gebruik die wit knopiesampioene. Griekse of Italiaanse slaaisous. Verhit slaaisous en plaas sampioene daarin totdat die sampioene die temperatuur van die slaaisous bereik. Skep in bottels en seel.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/gemarineerde-sampioene.html 





ANSIA SE MAKLIKE GEMARINEERDE SAMPIOENE


200 ml olie
100 ml asyn
15 ml fyn knoffel
15 ml aromat
15 ml suiker

Meng alles saam en voeg sout en peper by na gelang.
Meng sous met 250 g sampioene en bottel.

No comments:

Post a Comment