Saturday 4 May 2013

BROODSLAAI




BROODSLAAI


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/broodslaai.html
1 brood in blokkies gesny
2 koppies kaasblokkies
2 teelepels mosterdpoeier
1 teelepel sout
1/2 teelepel peper
2 eiers
½ koppie gesmelte botter
1 koppie kondensmelk
25ml asyn
125ml agurkies in skyfies gesny
3 hardgekookte eiers.
Braai broodblokkies tot bruin in olie. Dreineer op papierhandoek. Laat koud word. Klits mosterd, sout, peper, en asyn saam. Voeg geklitste eiers by. Voeg kondensmelk en botter by. Kook vir 5 minute. Roer aanhoudend laat afkoel. Meng met brood en kaasblokkies, agurkies en eiers. Versier met vars pietersielie.  Helena Kruger*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*foto>google 

 


AVO EN BROODBLOKKIES SLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/broodslaai.htm
Michelle Nel

Ek het nie 'n avo stolslaai nie maar 'n gewone slaai wat lekker is.
Halwe slaaikop gekerf,
Halwe pakkie spek gekerf en gebraai,
2 avo's in blokkies gesny,
125 ml slaaisous (enige)
1 groot ui gekerf,
4 snye witbrood sonder korsies in blokkies gesny b
raai in pan met bietjie olie tot goudbruin,
100g pekkanneute breek in helfte,
10 kersietamaties gehalveer,
halwe koppie kaas blokkies.
Sit die blaarslaai onder in mooi glasbak.
Pak die ander bestandele op die slaaiblare.
Ek gebruik sommer 'n mosterd en heuning slaaisous.
Net voor jy dit opdien sit jy die broodblokkies by.*

.



                      


BROODSLAAI  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/broodslaai.htm

1ou Wit Brood                                                  
1 k Kaasblokkies
1 blik Perskeskywe
1 Soetrissie

Sous:
1 blik Kondensmelk
¼ tlp Mosterd
2 tlp Suurlemoensap
¼ k Mayonnaise
 (Foto: thingsilove)




BROODBLOKKIESLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/broodslaai.htm

½ Wit brood in blokkies
3 Gekookte eiers gesny
Kaas in blokkies
Agurkies in blokkies
Bak brood in diep olie.
Sous:
5 Eiers 
5 deslp Wit Asyn
5 deslp Water
½ tlp droë Mosterdpoeier

Kook saam en roer gedurig. Gooi sous oor net voor opdiening.
.

No comments:

Post a Comment