Monday 6 May 2013

POFFERTJIES

ROOMPOFFERTJIES:
1 Kop Kookwater;
115 g Botter;
1 Kop Koekmeel;
4 Groot Eiers;

Metode:
Gooi kookwater in kastrol roer botter by, roer dan meel by, roer vinnig tot bal vorm, klop vinnig vir 1 minuut, laat afkoel vir 5 min,
Voeg eiers 1 vir 1 by en bly roer; tot sagtebal vorm. Skep teelepels vol op gesmeerde bakplaat.
Bak 10-20 min by 220 grade C en dan 25 min by 180 grade C. Steek gat in met breipen of toothpick en laat koud word

VULSEL:
500 ml room,
25 ml castor sugar,
2 ryp piesangs,(maak fyn)
1 ml caramel of vanilla essense ( ek gebruik net caramel essence mal daaroor!

BOLAAG: SJOKOLADE SOUS:
'n halwe pak versiersuiker,
3 eetlepels kakao,
3 teelepels botter en sowat 30 ml kookwater - meng**Riana Du Plessis http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/poffertjies.html



Hierdie pappoffertjies is heerlik as n voorgereg of bykos by n braai.
Resep van Huisgenoot wenresepte 2
1 koppie mieliemeel
1liter kookwater
1 pakkie garlic and herb patato bake.
2 koppie gerasperde kaas
1 ui fyngekap en gebraai
1pakkie bacon fyngekap en gebraai

METODE
Meng mieliemeel en patatobake
Gooi kokende water in diep mikrogolf bak. Voeg meel mengsel by terwyl jy vinnig met draadklitser klits om klonte te vermy. Klop tot dit begin verdik.
Kook vir 4 min op hoog in mikrogolf
Meng goed deur en plaas gladwrap op pap se oppervlak om te verhoed dat dit n velletjie vorm.laat staan tot dit amper koud is(jou vinger moenie brand nie) amper koud dus
Braai intussen n pakkie bacon tot bros. Sny fyn op en voeg by pap
Voeg 2 koppies gerasperde kaas by
Braai 1 groot ui wat fyngekap is en voeg by
Klits 3 eiers en meng in pap. Voeg nou 2 koppies bruismeel by en meng goed deur .

Bak lepelsvol in warm kookolie en gooi biki aromat oor.
Dis n groot hoeveelheid .. Maar dit is n heerlike snack voor n braai.. Daar bly niks oor nie.
Ek het die basis resep lank gelede in wenresepte 2 gekry en daarop my eie variasie gemaak.
Geplaas deur: Ancoise Strydom



Groente poffertjies, crumpets of muffins

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/poffertjies.html

Met die nuwe green juice storm waarin ek my bevind het ek die volgende resep ontwikkel om met die groente pulp te maak!

4 koppies groentepulp        


3 koppies bruismeel
Halwe koppie olyf olie
2 koppies melk
15 ml bakpoeier
3 eiers
2 pakkies sour cream and chives patatobake
Klits eiers en melk
Meng meel en bakpoeier en 2 pakkies patato bake voeg die pulp en meel bymekaar meng goed en voeg die melk mengsel by alles roer deur en skep in muffin panne . Bak 35 min by 180C . Of bak lepelsvol in kookolie. Gooi aromat oor..
Wenk:
Jy kan selfs groente crumpets daarmee bak op jou elektriese braaipan. Dis sommer heerlik anders.

Geplaas deur: Ancoise Strydom


SOUT KARAMELPOFFERS

'N AFRI-FRANSE MIDDAGETE


Die sout van die botter gee dié karamel sy smaak.

Genoeg vir 12 – 14 poffers                                                        


• 250 ml water
• 100 g botter
• 140 g (250 ml) koekmeel
• 4 eiers

Vulsel
• 50 ml water
• 300 g (375 ml) suiker
• 90 g (100 ml) gesoute botter
• 250 ml room
• 100 g donkersjokolade, gesmelt

Verhit oond tot 180 °C. Plaas water en botter in groot pot en laat kook. Voeg al die meel op een slag by en roer tot ditin een bal saamkom. Verwyder van hitte en voeg eiers een vir een by. Meng elke keer goed. Voer bakplaat met bakpapier uit. Gebruik ’n spuitsak of skep teelepels vol van die mengsel op die bakplaat. Bak vir 30 – 35 minute of tot goudbruin.

Vulsel: Plaas water en suiker in pot en bring tot kookpunt. Laat kook tot goue karamelkleur. Verwyder van hitte. Voeg botter en 100 ml room by. Skud pot heen en weer tot alles gemeng is. Laat afkoel. Klits oorblywende room tot sagte punte en vou by koue karamel in. Vul spuitsak met mengsel. Maak klein gaatjie in elke poffer en spuit vulsel in. Stapel poffers bo-op mekaar, skep gesmelte sjokolade oor en sit voor.
Bron: Sariekos

3 comments:

  1. Dit maak n Pap, Slap deeg, Geen Bal.

    ReplyDelete
  2. Hi. Ek maak die poffertjies. mengsel is te pap, en hulle pof nie.. dit lyk Soos plaatkoekies. Kan ek bakpoeier by sit?

    ReplyDelete
  3. Simple resep moet nie goed plaas wat nie werk nie asb

    ReplyDelete