Wednesday 15 May 2013

RYS KASSAROLE



RYS KASSEROLE

Ek het hierdie al 'n paar keer gemaak en dis heerlik!

Genoeg vir 6 mense
5 ml (1 t) olie
6-8 varkworsies
250 g knopiesampioene, in kwarte gesny
2 uie, gekap
410 g (1 blik) kersietamaties
30 ml (2 e) tamatiepasta
5 ml (1 t) gerookte paprika
250 ml (1 k) rys
750 ml (2 ½ k) groente-aftreksel
Verhit die olie in ’n groot kastrol.
Voeg die worsies by, braai 4-5 minute en haal dan weer die worsies uit.
Braai die sampioene tot gaar en sit eenkant.
Braai die uie in dieselfde kastrol tot sag.
Voeg die tamaties en tamatiepasta by.
Laat kook 2 minute.
Voeg die paprika by en roer die rys in.
Voeg die aftreksel by en laat prut tot die rys gaar is.
Voeg die sampioene en die worsies by en laat prut tot die worsies gaar is.
Sit voor.
Bron Huisgenoot Resepte
Plasing: Henriette Wessels

No comments:

Post a Comment