Thursday 2 May 2013

TUNAROL



TUNAROL

1
rol blaardeeg, ontvries
1 blikkie tuna, gedreineer en gevlok
2 hardgekookte eiers, gerasper
1 ui, fyngekap
3 e mayonnaise
2 e gekapte pietersielie
sout en peper, na smaak
Rol die blaardeeg uit. Meng die tuna, eiers, gekapte ui, mayonnaise en die pietersielie in ‘n mengbak en geur na smaak.Skep die vulsel bo-op die deeg en smeer dit gelyk met die punt van ‘n vurk (los een rant oop). Rol die deeg in die lengte in ‘n losserige rol en sny dan met ‘n skerp mes in ronde skywe. Plaas die skywe op ‘n gesmeerde bakplaat en bak ongeveer 30 minute by 190ºC tot die blaardeeg ligbruin en bros is. Bedien dadelik met ‘n vars groenslaai.pASELLA http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/tunarol.html

No comments:

Post a Comment