Thursday 2 May 2013

VISVINGER GEREGTE




VISVINGER PASTEI
Liana Barnard Claassen
Hi. Ekt net n paar aartappels gekook en fyngemaak en onder in bak. Dan n laag visvingers. Dan n blikkie tamatie uie smoor. En heel bo oor koppie melk gemeng met wit uiesoppoeier. Kaas en bak tot geset!*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/visvinger-gereg.html


VISVINGER GEREG

 pak 'n laag visvingers in gesmeerde oondbak, smeer 1 blikkie sweatcorn bo-op visvingers, dan mashpatatoes bo-op swearcorn. Stippel botter bo-op aartappel (kan ook bietjie gerasperde kaas oor strooi. Bak so 25 min in oond by 180 C Johané Botha


Adelien du Toit

Skep sommer oorskiet rys onder in 'n oondvaste Bak. Pak visvingers bo-op. kan nou (opsioneel) blikkie tamatie&uie stew oorgooi OF blikkie sweetcorn OF gebraaide uie oor sit.. Dan laag witsous. Rasper kaas oor en Bak vir 30 min by 180 grade. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/visvinger-gereg.html


GEURIGE VISVINGERS OP RYS

12 visvingers
125ml melk
60ml mayonnaise
250ml fyn gerasperde, kaas
1ml rooipeper
25ml blatjang
12.5ml gerasperde ui
12.5ml fyn gekapte soetrissie
2.5ml sout

750ml gaar, warm rys
Metode:
Berei die visvingers voor volgens die aanwysings op die pakkie. Gooi die melk in die kastrol. Voeg die mayonnaise, kaas en rooipeper by en verhit. Roer 2 minute lank en aanhoudend. Roer die blatjang, ui en soetrissie by die sous. Verhit tot alles warm is. Plaas die rys op ‘n opdienbord en rangskik die visvingers bo-op die rys. Gooi die sous oor die visvingers. Bedien warm.
Lewer 4 porsies.
Adele Filmalter 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/visvinger-gereg.html



ANN SE KORTPAD VISVINGERS

1 pakkie visvingers
1 blikkie tamatie en uiesmoor
1 eetlepel suiker1 pakkie sampioenroomsop
1 koppie melk
1 koppie water
kaas, gerasper
pietersiele, gekap

Plaas visvingers in 'n oondbak.
Gooi die tamatie en uiespmoor oor die visvingers.
Sprinkel die suiker bo-op die smoor.
Maak die sop aan met die melk en water,
Gooi dit bo-oor die visvingers en smoor.
Bak teen 180 grade vir 20 - 30 min.
Rasper kaas bo-oor voor opdiening en versier met pietersielie.
Bedien met slaai of groente.
Bron: RSG
Geplaas deur: Dalene Brits

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/visvinger-gereg.html




VISVINGER BESPREKING

Tania Mittermeier

Visvingers

250ml room

Bietjie melk

1 pakkie wit uie soppoeier

Kaas



Oooo ja.... iets wat regtig baie lekker is, jy vat 'n pak visvingers en ontdooi dit. Dan vat jy 'n 250ml room en bietjie melk, en 'n pakkie wit uie soppoeier wat jy goed meng, en pak dan die visvingers in 'n oondbak, en gooi die roommengsel oor. Rasper dan kaas oor en steek in die oond en bak tot gaar. Dis regtig baie baie lekker. Ek maak dit saam met rys, want die roomsous is heerlik. Jy kan natuurlik sout en ander geurmiddels byvoeg na smaak, maar jy kan dit regtig probeer.





Liza van der Merwe

Ons maak dit ook, maar ons pak n blikkie tamatie en uie bo op d visvingers en gooi dan d room mengsel oor



Fransie Carstens

Pak lag visvingers in bak. Maak tamatie en uie smoor. Sit lekker dik laag bo-op visvingers. Mashed potatoes bo-oor smoor mengsel. Gerasperde kaas en bak tot kaas lekker gesmelt. Heerlik !



Liza van der Merwe

Het al die tam en uie vervang met sweetcorn ook, maar d tamatie wen verseker



Shilo Bronkhorst

jy kan ook die gaar rys bo-op sit voor die kaas. die sous trek in die rys in en dan is als in 1 kids is mal daaroor en my man wat nie visvingers eet nie eet tot vandag toe nie hy eet dit nie hahaha.



Elmarie Snyman

Ek vat visvingers pak in bak sout na snaak. Dan neem ek een groot blikkie sweetcorn bo-oor dan mash vir die volgende laag en dan gerasperde kaas bo-oor. Bak in oond 180 grade vir 25 min



Johan Naude Delport

ja ek eet dit op brood. brood in repies gesny vissie bo op brood met roeer eiers. met so bie tuna. mmmm¤ heerlik



Michelle Vermeulen

Ek hou van visvinger en rys gereg. Ek maak s0mmer my eie idee. My ma gebruik witsous wat sy self maak mar ni ek ni. Ek ko0k my rys, go0i in n o0nd glasbak, bak visvingers, pak bo op rys, maak pakkie kn0rr black pepper sauce aan (of di mushro0m ene) go0i dit bo o0r en stro0i gerasperde kaas o0r.. Druk in o0nd tot kaas lekker gesmelt is of effens bruin is bo op. Geniet saam n lekker griekse groenslaai..



Steph Kirchner

Meng n pakkie cream of mushroon sop met 250ml room en 1 blikkie tamatie en uie mengsel. Kook oor matige hitte tot dik en gaar. Pak n laag vis vingers in gesmeerde bak dan helfre van sous, nog n laag vis vingers en laaste die res van die sous. Strooi gerasperde kaas oor en bak 25 - 30 minute by 180C. Lekker saam met skyfies en slaai.



Steph Kirchner

Jy kan bietjie visspeserye oor die vis vingers strooi.



Madeleine Basson

Pak rou visvingers in oond skottel. gooi oor n blikkie tamatie en uie smoor. kan bietjie suiker byvoeg as dit dalk te suur is. maak lekker kaas of witsous - nie te dun nie - en gooi bo oor. bak in die oond vir so 30 - 40 min. baie heerlik met 'n groen slaai.



Iindien jy nie witsous wil maak nie is die volgende 'n baie lekkker en gesonde alternatief. Meng 1L plain joghurt en 'n pakkie wit uie sop baie goed saam. as jy voel die joghurt is te suur voeg suiker by na smaak. skep oor die tamatie smoor en bak soos gewoon. dit is hemels lekker. probeer gerus. ek het ook aanvanklik daaroor gewonder maar vandat ek dit probeer het maak ek nie meer witsous nie. 

1 comment:

  1. Koue gaar visvingers, mayonnaise, Aromat en blaarslaai op brood. Heerlik! Ek sorg altyd dat daar visvingers oorbly vir die volgende dag se broodjie!😉

    ReplyDelete