Tuesday 25 June 2013

ELVIS BROODJIE



Die Elvis-broodjie
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/elvis-broodjie.html

 Elvis Presley, die koning van rock, was verslaaf aan pangebraaide broodjies met grondboontjiebotter, piesang, spekvleis en ’n lekseltjie konfyt (of jelly, soos die Amerikaners dit noem). Stel dit gerus op die proef – dis regtig lekker!
2 snye witbrood
Botter, vir smeer
30 ml grondboontjiebotter
5 ml kweper-, druiwe- of appeljellie (of heuning)
1/2 piesang, gesnipper
2-3 stukkies brosgebraaide spekvleis
Sit die brood op ’n broodplank en smeer aan die een kant met botter. Draai dit om en smeer albei snye aan die ander kant met ’n dik laag grondboontjiebotter.
Smeer een van die snye met ’n bietjie konfyt (kweper of ander vrugtejellie) of heuning. Pak dun gesnyde piesang bo-op, gevolg deur brosgebraaide spekvleis.
Sit die ander sny brood, met die gebotterde kant na bo, bo-op. Verhit ’n droë pan tot warm en braai die broodjie tot goudbruin en bros aan albei kante. sny middeldeur en sit warm voor.Lewer een porsie.*Landbouweekblad*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*25/6/13


No comments:

Post a Comment