Wednesday 26 June 2013

JAMTERTJIES ( HERTZOGGIES)

JAMTERTJIES

Program: Oggend op RSG

1 rol broskorsdeeg, of blaardeeg (puff pastry)
appelkooskonfyt
1 eierwit
2 koppies klapper
½ koppie suiker


Klits die eierwit tot amper styf en voeg klapper en suiker by.
Rol die deeg dun uit en sny sirkel daarin.
Sit die sirkels in die holtes van 'n kolwyntjiepan.
Skep ‘n teelepel konfyt in elke holte en dan die klappermengsel bo-op.
Bak dit vir 10 - 15 minute tot lekker bruin en gaar.

Variasies:
Suurlemoentertjies:
Klits 1 blikkie kondensmelk,
sap van 1 suurlemoen,
2 eiers en 2 eierwitte saam en voeg in elke holte van die pan.
Melktertjies: Vul die holtes met melktertmengsel.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/jamtertjies-hertzoggies.html

 



Hertzoggies:
Kors:
250g (425ml) Koekmeelblom
5ml Bakpoeier
1ml Sout
125g Botter (Margarine), Kamertempratuur
125g (150ml) Suiker
4 Eiergele, (groot eiers)
Vulsel:
50ml Fyn Appelkooskonfyt
4 eierwitte (groot eiers)
75g (100ml) Suiker
50ml Klapper
2ml Vanieljageursel
Knypie sout
Metode:
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Vryf botter hierin tot mengsel fyn gekrummel is.
Voeg suiker by en meng.
Voeg eiergele by en meng tot deeg.
Rol sowat 3mm dik uit en druk sirkels, 8cm in deursnee, af.
Plaas in gesmeerde kolwyntjiepanne.
Skep 2ml konfyt in elke doppie.
Klits eierwitte tot droog.
Vou res van bestandele ligies daarin.
Skep dessertlepelsvol op konfyt.
Bak 15-20min in ‘n voorverhitte oond by 180°C.
Keer uit op ‘n draadrak en laat afkoel.
Lewer 2 dosyn koekies
>Bron > Jacky Coetzee Taljaard*5/7/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/jamtertjies-hertzoggies.html

 

No comments:

Post a Comment