Wednesday 12 June 2013

LIANA SE SJOKOLADE PANNEKOEK

LIANA SE SJOKOLADE PANNEKOEK 



310 ml melk
1 eier
15ml gesmelte botter
250ml koekmeel
80ml kakao
65ml suiker
2,5ml bakpoeier
knippie sout.

Klits die melk, eier en botter. Sif die res en klits goed saam. Laat staan n halwe uur voor bak.

WENK: Hierie outjie laaik ini pan vasklou. Ekt maar die oranje spray gespray en dan die pan ge-olie..Ek het karamel en piesang binne in met bar one sous bo oor!!!!!!
Jy kan seker enige iets vir filling try.

Geplaas deur: Liana Barnard Claassen
Bron:Sarie Kos :  

SJOKOLADE-MOUTSOUS
Lewer 1 koppie sous
125 ml (1/2 kop) melk of room
2 stafies (100 g elk) Bar One
10 ml (2 teelepels) kitskoffiepoeier
1 ml (‘n knippie) sout
25 ml (2 eetl) room
25 ml (2 eetl) koffielikeur
METODE:
Verhit die melk tot kookpunt.
Gebruik n mes, wat in kookwater gedoop is, en sny intussen die Bar One-stafies in skyfies. Voeg die koffiepoeier by die melk en roer totdat die koffie opgelos is. Voeg die sjokolade en sout by, bedek en laat 2-3 minute lank staan.
Verwyder die deksel en klop goed totdat die mengsel glad is. Voeg die room en likeur by en meng. Sit by kamertemperatuur voor oor sjokolade-of vanieljeroomys.
Bron: RAPPORT TYDSKRIF 19 SEPTEMBER 1993
Geplaas deur: Maré Nieuwoudt

No comments:

Post a Comment