Saturday 8 June 2013

PAMPOENKOEKIES IN DIE OOND

‘n Minder “sondige” weergawe van die tradisionele diepgebraaide pampoenkoekies ...


PAMPOENKOEKIES IN DIE OOND

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/pampoenkoekies-in-die-oond.html
125g sagte botter/margarien

200 ml suiker
3 eiers
1 koppie (250ml) koekmeelblom
15ml bakpoeier
2 ml sout
3 koppies (750 ml) gaar fyn pampoen
5 ml vanieljegeursel
fyn kaneel
Sous
4 eiers

1 koppie (250ml) water
1 koppie (250ml) suiker
knippie sout
1 opgehoopte eetlepel maizena
½ koppie (125ml) suurlemoensap
Verhit oond tot 180°C. Klits botter, suiker en eiers saam. Sif die   koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Meng dit by die eiermengsel. Voeg fyn pampoen (koud of warm) en vanieljegeursel by. Meng goed deur. Skep mengsel in gesmeerde muffinpannetjies. Bak tot gaar. Laat staan om af te koel. Meng al die bestanddele van die sous saam. Kook die sous oor matige hitte en roer gedurig tot dikkerig. Skep lepelsvol oor die gaar pampoenkoekies en besprinkel met kaneelsuiker. Die pampoenkoekies vries baie goed. Die sous kan in yskas gebêre word om weer te gebruik.**Bron**Bloubakkie*



Erina Delport
Dankie vir die pampoenkoekies in die oond resep.....dis heerlik
FOTO: ERINA DELPORT

                                            En hier is my verwerking>Helena Kruger>12/8/13






Marelke Roux
My eie weergawe van die pampoen poffertjies in die oond wat vandag gepost is. Dis soooo lekker!
26/06/2015


 



GEBAKTE PAMPOENKOEKIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/pampoenkoekies-in-die-oond.html

500ml gaar pampoenmoes
50ml margarien gesmelt
50ml bruinsuiker
2 eiers
125ml koekmeel
5ml bakpoeier
fyn kaneel
ekstra bruinsuiker om bo oor te sprinkel.

Voorverhit die oond tot 220C en smeer muffin pannetjie se holtes.
meng die pampoenmoes, margairen, suiker,eiers, koekmeel en bakpoeier goed saam. skep die mengsel in die muffinholtes en sprinkel kaneel en bruinsuiker bo oor. bak 30 minute in die warm oond tot gaar. (genoeg vir 4)
(Hierdie resep is van MARIA DIAS van Rant en Dal. dit was in die huisgenoot en die lekkerste ooit.) Heelwat gesonder omdat dit nie in olie gebraai word nie.!!

No comments:

Post a Comment