Saturday 8 June 2013

OLYWE INMAAK

OLYWE INMAAK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/olywe-inmaak.html

Kalamata-olywe

Dis die vader van olywe, afkomstig uit Griekeland en genoem na die stad Kalamata. Dit het ’n baie kenmerkende vleis-smaak. Hulle word ingelê in rooiwyn, asyn of olyfolie. Dié olyf is perfek vir koue geregte of die tradisionele Griekse slaai.

Spaanse groen olywe
Dié olywe kom meestal van Sevilla, Spanje. Dis bekend as die koningin-olyf omdat dit so groot en vet is. Die pit is taamlik klein met baie vleis. Spaanse olywe word gewoonlik
in soutwater verkoop en is geskik vir warm geregte omdat
dit ’n harder olyf is wat hitte goed hanteer.

Algemene groen olywe
Groen olywe, die werkesel van die kombuis, word gepluk voor dit heeltemal ryp is. Dit word eers in soutwater geweek en daarna in asyn of soutwater ingelê. Groen olywe wat in olyfolie, kruie en suurlemoensap gemarineer is, maak ’n heerlike tapas. Gebruik dié olyf in alles – van slaai, pasta tot gebak.*Sarie**Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


OM RYP OLYWE IN TE LE 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/olywe-inmaak.html
Pluk mooi ryp olywe en spoel dit deeglik af. Maak ‘n sny oorlangs tot op die pit met ‘n skerp messie. Plaas die vruggies in lae in ‘n vlekvryestaal- erde- of emaljehouer en bedek elke laag met growe sout. Laat dit 5-6 dae staan, maar roer dit elke dag en gooi die vloeistof wat vorm af. Spoel die olywe goed af en laat dit 3 dae lank in koue water le. Spoel dit weer baie goed af en pak in skoon gesteriliserde inmaak flesse.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



Bedek die olywe met die volgende mengsel.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/olywe-inmaak.html
500ml afgekoelde kookwater

500ml asyn van goeie gehalte
280g sout
250ml sonneblomolie van goeie gehalte
125ml suurlemoensap
METODE:
Laat die olywe ‘n week lank in die mengsel le. Proe dan daaraan. As dit te flou smaak, voeg nog sout en asyn by, as dit te skerp smaak Verdun dit met afgekoelde kookwater. Na 2-3 weke sal die olywe ryp wees vir gebruik.
NOG ‘N VARIASIE
Sny vars, ryp olywe oorlangs tot op die pit. Laat die olywe 10 dae lank in koue water le en vervang die water elke dag deur vars water. Maak ‘n soutoplossing van 250g sout per 5liter water en laat die olwe ‘n dag lank daarin le. Vervang dit die volgende dag deur ‘n vars oplossing sout en water en laat dit weer een dag daarin le. Dreineer die olywe en pak dit in flesse. Vul die flesse met ‘n oplossing van gelyke dele sout en bruin asyn. Gooi ‘n lagie sonneblomolie bo-or en verseel die flesse. Laat dit 6 maande lank staan voor gebruik.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



Belinda Brand Theart


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/olywe-inmaak.html
Ek het my olywe gesny maar nie tot op die pit nie. maak dit pap as jy hom so diep sny . in emmers gesit met sout water. iets bo oor gesit sodat die olywe onder water le. elke 3rde dag skoon water en sout. na 3 weke gebottel met afgekoelde kook water en red wine vinegar, knypie itilian herbs en olietjie bo op en toe gemaak.na 2 weke se staan ons begin eet en was baie baie lekker.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



OLYWE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/olywe-inmaak.html
Bestanddele
Genooeg olywe om sowat 5 l bottels in totaal vol te maak.
Metode:
Gebruik altyd 'n emalje, hout of erde houer. Moet onder geen omstandighede Aluminium gebruik nie.
Neem olywe en was hulle.
Plaas hulle in die houer.
Laat die olywe nou vir 36 uur lank in 'n bytsoda oplossing van 56 g bytsoda op 4.5 l water week.

Hou olywe heeltyd onder die water oplossing.
Spoel die olywe baie goed af met skoon water.
Laat in skoon water lê vir paar uur, gooi water af en gooi weer skoon water oor.
Na 2 dae toets net die water, dit moet skoon proe en nie alkalies nie.
Sodra skoon is maak 'n soutoplossing aan van 56 g Sout op 4.5 l water.
Laat die olywe oornag in die oplossing staan.
Gooi sout oplossing af en maak nuwe soutoplossing aan van 110 g sout op 4.5 l water.
Laat die olywe nou vir 2 dae in die oplossing staan.
Gooi weereens die soutoplossing af en maak nou 'n oplossing aan van 220 g sout op 4.5 l water.
Laat staan die olywe 1 dag in die oplossing.
Maak nou 'n soutoplossing van 335 g sout op 4.5 l water aan.
Die olywe moet 1 week in die oplossing staan.
Maak nou vir die laaste maal 'n soutoplossing aan van 390 g Sout op 4.5 l water en hou eenkant.
Neem die olywe en plaas hulle in bottels.
Bedek die olywe met die soutoplossing.
Gooi sowat 1 cm olie oor die olywe.
Seël met glasdeksels.
Metaaldeksels sal roes."Van n Kosmater!!
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




Jy kan groen of swart olywe geruik vir hierdie resep. 'n Swart olyf is gewoon 'n ryp olyf.
Gooi jou olywe op 'n harde, verkieslik graniet, oppervlak en kneus hulle liggies. 'n Alternatief is om elkeen met 'n vurk te prik of 3 snytjies in elkeen te maak. Dit laat die soutwater toe om die olyf te penetreer en so van bitterheid ontslae te raak en dit te bewaar.
Gooi hulle in 'n emmer skoon soutwater. Gebruik 'n ½ koppie growwe sout vir elke 2,5 liter water. Vervang die soutwater elke dag. Doen dit vir 12 dae vir groen olywe en 10 dae vir swart olywe. Sorg dat die olywe onder die wateroppervlak bly. Sit sommer 'n bord bo-op. Na 12 dae behoort die meeste bitterheid uit die olyf te wees. Byt een om te proe.

Nou moet jy dit nog een keer in soutwater laat lê, warm soutwater. Die verhouding is nou 1 koppie sout vir elke 2,5 liter warm water. Los eers die sout op in die water oor hitte. Laat dit dan kook en laat staan om af te koel.
Pak die olywe in flesse en gooi die soutwater oor. Voeg enige kruie of ander geurmiddels by, indien jy dit verlang. Laat 'n klein spasie bo in elke fles vir 'n bietjie olyfolie. Dit maak dit moeiliker vir lug om by jou olywe uit te kom. Seël die flesse. Hierdie metode het 'n raklewe van 12 maande.
Dit is beter om die volgende metode te volg wanneer jy olywe eet:
Gooi die soutwater/ kommersiële mengsel af en vul die fles met skoon water. Laat dit in jou yskas staan vir 24 uur voor jy dit bedien*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



Olive chutney
Ingredients (recipe similar to Tapanade)
Olives I used one hand full (Pitted olives)
Sun-dried Tomatoes 3 (which was in oilve oil)
Green Chilli 1 small
Salt According to taste.
Method.
Put everthing in a blender and grind into course paste.
Moisture from canned olives and sun-dried tomatoes in oilve oil, helps to grind into paste. Adjust salt according to taste.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


Black Olive Tapenade
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/olywe-inmaak.html

Feeding my folks*
1 cup black olives
½ roasted red pepper
¼ cup asiago cheese[parmesan]
2 garlic cloves
1 tablespoon honey
1-2 tablespoon extra virgin olive oil
1 tablespoon fresh parsley (chopped)
1 teaspoon oregano
2-3 basil leafs
Salt and pepper to taste
Put all the ingredients into your food processor and pulse until it becomes finely chopped, almost like a paste. Allow it to sit in the refrigerator for 20 minutes before serving
Serve over bread, pita, etc.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



OLYF BLATJANG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/olywe-inmaak.html

200 g ontpitte, gekapte swart olywe
50 g sultanas
200 g suiker
druiwesap na smaak
2 kaneelstokkies
2 stukke steranys
2 e suurlemoensap

Kombineer al die bestanddele in ’n pot en kook oor medium hitte.
Gooi die druiwesap by na gelang van die dikte van die blatjang wat jy verlang.
Bring tot kookpunt.
Bedek die pot en prut tot die olywe sag is en die mengsel redelik dik is.
**Suna Rossouw**26/04/2016

No comments:

Post a Comment