Saturday 8 June 2013

BRAAI BYKOSSE

BRAAI BYKOSSE


Groente Braai Foelie Pakkie Op Rooster

Angus Olivier
 Ok. Vat 'n dubbele laag swaar diens foelie, so 30cm by 60cm, sit potjie kos groente in die middel, met bietjie botter en sout of Aromat oorgestrooi Vou die pakkie toe en op die naat smeer jy geklitsde eier en vou dubbel en weer eier, op die kante ook. Moet nie gaatjies in die pakkie maak nie, en die eier seel sal hepl dat die pakkie nie lek of stoom verloor nie. Sit die pakkie op die rooster, wanneer jy begin braai. Elke keer as jy die vleis draai, skommel net die pakkie of draai as jy kan sonder om dit te breek. Hy sal lekker opblaas ek knor. Knoffel daar binne in sal geen skade maak nie. Wanneer skeptyd kom, skeur jy net die middel oop, oppas vir die stoom, en geniet ongewone bykos by jou steak! ;))
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/braai-bykosse.html

Francois Du Preez
Neem 6 kleinerige butternuts, halveer, haal pitte uit en stoom tot sag. Terselfdertyd sit rys op, braai bruin sampioene gesnipper met bietjie knoffel in botter tot gaar. Skep nou die butternut vleis uit sonder om die dop te beskadig. Neem van die butternut vleis (nie alles nie) en meng met die rys en sampioen. Skep terug in die butternut dop en strooi gerasperde cheddar kaas bo-oor. Plaas in oond tot kaas gesmelt het en bedien. Alle bestandele se hoeveelheid hang af vir hoeveel mense daar kos gemaak word.
Sylvia Coetzee
 Braai fyngekapte uie en spek, voeg kerriepoeier by na smaak. braai vir omtrent 3 minute saam, totdat spek gaar is. Voeg by een blikkie baked beans, en kook totdat baked beans warm is. Haal van hitte af en voeg by omtrent 100g gerasperde kaas en roer tot kaas smelt.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/braai-bykosse.html

    


KNOFFEL SAMPIOENE OP DIE KOLE
Helena Kruger
Botter >Knoffel> sout en peper

Pappie se Heerlike *Knoffel Sampioene * op die kole[kyk die pikante Bakkie***Lekker Resepte vir die Jongergeslag*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/braai-bykosse.html




GEBAKTE KORING-GEREG
Marietjie Cilliers-Buys
 Kook een pakkie koring tot sag, rasper groot ui en braai saam met sampioene tot gaar.
Voeg by koring en voeg 1 groot bakkie room bo-oor.
 Kan ook knoffel insit, gee n baie lekker smaak.
 Bak in oond tot bruin bo-op en kan koud of warm geeet word.
 Baie Baie lekker en maak mens gou vol.* 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/braai-bykosse.html 

Lee Esterhuizen 
LEE SE ULTIMATE BRAAIBROOD
Ok..hier is my ultimate braai brood.

Hierdie is vir 1 groot winkel gekoopte olyf brood of soortgelyke brood

Snipper die volgende fyn in jou voedsel verwerker:

6 meduim agurkies
1/2 koppie peppadews
1/2 koppie ontpitte olywe
1 eetl knoffel

Meng dit saam met:
1/2 koppie sagte botter
1/4 koppie sweet chilli sous

Rasper 1koppie kaas van jou keuse in en meng goed

Sny nou jou brood in skywe..nie deur nie.
Smeer nou hierdie mengsel in die skywe asof jy knoffel brood maak.

As daar oor is sit sommer bo op.
Draai toe in foelie en verhit in die oond teen 120 grade so vir 20 min.

Dis n wenner ek belowe
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/braai-bykosse.html

**********************************************************************************************************

WINTERS BRAAI BYKOSSE


WARM AARTAPPELSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/braai-bykosse.html 1kg (6 groot) aartappels
1 pakkie gekapte spek
125ml kookolie
2 uie in blokkies gesny
125ml blatjang
125ml asyn
250ml melk
15ml mielieblom

1. Kook aartappels in skil, in soutwater tot gaar
2. Trek skille af, sny in blokkies en hou warm
3. Braai spek in 25ml olie tot gaar, skep uit en hou warm saam met aartappels
4. Braai uie in dieselfde pan tot gaar
5. Voeg res van olie, blatjang en asyn by, en kook ongeveer 2 min. sonder deksel
6. Meng mielieblom en melk, gooi stadig by uiemengsel terwyl jy dit vinnig inroer, roerkook vir verdere 2 min
7. Meng aartappels en spek, gooi uiesous oor en meng liggies
8. Hou in lou-oond tot benodig. Lewer 6 porsies**
Elzette Jordaan***LRVDJG*

WARM AARTAPPELSLAAI

*LRVDJG*

1kg baba aartapeltjies
1 Pakie bacon bits
1 medium ui
Halwe kopie ertjies
Halwe kopie mayonaise
Halwe kopie blatjang
2 eetlepels bruin asyn
sout
pepper
aromat

Sny aartapeltjies in halfte deur en kook met skulletjie sag en gooi water af. Braai bacon en uie wat in klein blokies gesny is tot gaar en voeg by aartapeltjies. Voeg ertjies ook by en geur met sout, pepper en aromat. Meng dan mayonaise, blatjang en asyn en meng goed deur slaai. Sit warm voor. Dit is regtig n heerlike aartapelslaai**
Liza Nel 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/braai-bykosse.html
GROENTE GEREGTE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/braai-bykosse.html
Pierre Karsten Draai patats.of aartappels of uie in foelie toe en gooi op kant van kole...draai gereeld...heerlik
Petro Howse Maak n verskeidenheid van groente skoon en sny in klein wiggies Maak n lekker witous op dit strooi kaas booor en bak in oondSarah Kirton Gemengde groente met lekker knoffel,botter sout en pepper in foelie toegedraai bo op die kole gebraai tot gaar...Elzette Jordaan
Warm rysslaai.
*LRVDJG*
N pakkie bacon opgesny, n ui as verkies, pakkie mushrooms. Braai almal saam en hou een kant. Maak rys gaar soos gewoonlik. Voeg dan bacon mengsel by en strooi kaas oor. Sit warm voor.
Lizelle Botes Buns bo oopgesny en gevul met room spinasie en mozarelle kaas op. Bak in die oond net tot buns lekker crispy begin raak!

Aletta Burrows
BUTTERNUT EN MIELIE GEREG

*LRVDJG*

Ek maak n butternut in klein blokkies gesny met so n kwart pak gevriesde mielies n houer room uitgespoel met net soveel melk en pakkie wit uiesop poeier. Meng en sit in microgolf roer gereeld dis,regtig lekker
Yolande Koen-Bennett

BUTTERNUT GEREG

*LRVDJG*

Sny butternut in dun skywe omtrent 2 cm groot, sit dit in n glasbak wat met bietjie botter gesmeer is. Meng n pakkie uiesop en 500ml room saam. Voeg dan n paar eetlepels bruinsuiker by. Ek sit n bietjie vars knoffel ook by. Bak in oond tot gaar. Partykeer los ek di knoffel uit en stooi bietjie kaneel ook in di mengsel. Ek verkies di knoffel/soet variasie.
Franchael Du Toit Smit
AARTAPPEL GEREG

*LRVDJG*

Klaar gekook te aartappel
Gebraaide ui of peppers en sampioene.
Daan gooi jy ń bottel room slaai sous oor en laat deur warm word.
Kan kaas ook in laat smelt
Nadia Van Aswegen
KOOLGEREG

*LRVDJG*

Kool rof gekerf en gaar gemeng met gebraaide uie machrooms greenpepper en bacon en dan meng jy n lekker wit kaassous in en kaas bo oor
Henrietta Bock
PANNEKOEK GEREG
*LRVDJG*
Bak so 10 pannekoeke.
Vat n blikkie sweetcorn en rol elke pannekoek op met eetlepel sweetcorn binne in en plaas in plat bak.
Gooi 1 houertjie room oor.
Rasper kaas en gooi bo oor
Bak op so 160° tot bruin.
Baie lekker.
Maryna Diamond
Smeer ronde buns met knoffelbotter sit in pan gooi witsous dan kaas oor bak tot kaas lekker gesmelt het
Susan Behr
PASTARYS GEREG

*LRVDJG*

Gaan koop 'n sakkie pastarys by Spar.
Kook so 3/4 van die pakkie volgens instruksies.
Net so 10 min in soutwater. Spoel af.
Sny n 1 ui en een bakkie sampioene baie fyn. Braai in lekker groot pan.
Voeg 1 pak stukkies bacon by en braai tot sag
Voeg al die pastarys by.
Voeg 250ml room by en kook deur.
As die room te veel lyk, moenie worrie, dit gaan intrek.
Maal lekker swartpeper bo-oor. Roer goed deur.
Skep in mooi bak en as koud is, maak toe met kleefplastiek. Kan voor die tyd maak en in yskas bewaar. Maak warm as jy dit bedien.
Ek sit somtyds so hier en daar 'n paar blokkies feta ook in. Dis regtig lekker, min moeite, maak 'n groot bak en raak elke dag net lekkerder.
Christina Antoinette de Vrey
Samp slaai:

*LRVDJG*

500 ml samp, laat oornag staan in water,
7 ml sout,
10ml olive oil,
250g bacon gesnipper,
250g mushrooms in skywe gesny,
250ml mayonnaise,
125ml room.
1 pakkie wit uie sop poeier.
250ml gerasperde cheddar kaas.
Pepper na smaak.
Kook samp en sout saam tot gaar, braai bacon en mushrooms, meng mayonnaise, room en sop poeier en olie saam.
Meng alles saam en plaas in n oond pan en strooi gerasperde kaas bo oor en bak in oond teen 180’C vir n 1/2 na n uur lank. ( ek gebruik n hele houer 250ml room, ) kan uie en green pepper ook braai en insit. Geniet
Monica Klaasen Oosthuizen
Pap tert.
Voor jy jou mieliemeel in jou watergooi voeg eers n blikkie sweetcorn en opgehoopte eetlepel margarien by jou kookwater
Maak nou jou pap. Nie stywe pap nie.
Intussen maak genoeg uie en tamatiesous.
Ek sit altyd greenpepper ook in. Braai 2 pk mushrooms 2 pk bacon stukkies gesny.
As jou pap gaar is vat n diep glasbak.
Sit helfte van pap onderi gooi helfte van tamatiesous en helfte van mushroon en bacon bo oor pap.
Her haal jou laag. Laaste stooi kaas bo oor.
Vat nou 250 ml room prik gaatjies ooral oor en gooi bo oor pap tert.
Bak 30 min 180 grade. Heerlik warm of koud
*LRVDJG*
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/braai-bykosse.html


Veruscha Woesie Koberzig
KNOFFEL AARTAPPELS

kook aartappels soos vir slaai, in n pot meng mayonaise en garlic kook vir 5 min gooi bietjie melk by indien nodig voeg dan jou aartappels by en bedien warm.
Garlic aartappels ons love dit maak dit somer met n chopie in die week in die oond ook. Jy kan n ui ook in braai as jy wil. so goedkoop en lekker
*LRVDJG*

Louise Green
KOOLGEREG

Een koolkop gesny maar nie regdeur ni maak dan gekapte bacon greenpepers eie en braai saam sit tussen kool in saam kaas draai toe in foil en sit op braaier maar jy moet onthou koolkop vat so 4 tot 5 ure voor gaar maar is baie lekker en warem
*LRVDJG*

Cecile Foulds

Warm artapel slaai.
Kook en sny blokkies soos vir gewone artapel slaai, maak ñ kaassous, braai blokkies bacon en uie. Meng alles saam strooi kaas bo-oor en bak net voor opdiening. Kan ook green pepper by voeg.
*LRVDJG*

.
Elsa Van Antwerpen Kleinhans
My dogter en haar man Det een aand by ons gebraai...sy was lus vir knoffelbrood en ek vir rooasterbroodjies...toe invent ons hierdie een.
Neem n Franse brood en sny dit bo oop...smeer mildelik met knoffelbotter...strooi bietjie Mozzarella of kaas van jou keuse binne in...sny tamatie in die helfte en snybby dun en pak dit bo op die kaas....sny n ui op dieselfde manier en laat le in kook water vir 15 min.
Dreineer en drunk droog en Pak op die tamaties...geur met groente en pepper na smaak en breek met nog gerasperde kaas. Draaitjie liggies in foelie toe sodat die kaas nie daaraan raak...bak by 180 grade vir so n halfuur. Sny in 5 cm snye...dit is heerlik!*
*LRVDJG*

Rita Du Bruyn
PAPBALLE

Ek maak stywe pap.
Laat dit bietjie afkoel.
Meng gebraaide bacon, uie en gerasperde kaas by die pap.
Klits 2 eiers en mang met die pap.
Maak balle so groot soos verkies en pak in bak.
Gooi room en kaas oor en bak in oond. Dit verdwyn nog voor die braaivleis gaar is as ek dit nie wegsteek nie 
*LRVDJG*

Ansie Pieterse

Groente tert

1. Skil en sny rou Patat in skywe en pak dit op bodem van ñ bak wat jy in die oond kan gebruik.
2. Was en kerf rou Spinasie en gooi dit oor die patat.
3. Skil vars Butternut in dun skywe en pak dit bo-op die spinasie.
4. Meng 1 pakkie wit uie roomsop met 1 bakkie room en giet oor. As dit ñ groot bak met baie groente is gaan jy meer room benodig.
5. Bedek die bak en bak in n voorverhitte oond van 180°C vir ± 30-45 minute of tot gaar.
Jou tong gaan nie glo dat iets so lekker kan smaak nie
*LRVDJG*

Marlize Joubert

Baby Marow en Sweet Corn Gereg

6 tot 8 baby marrows gerasper-
1 medium ui fyn gesny-
2koppies gerasperde kaas ( hou een vir bo op)
1 teelepel garlick
halwe pakkie bacon in stukkies gesny (opsioneel)
kwart koppie olie-
1 koppie selfraising -
5 eiers geklits-
sout en peper -
1 blikkie room sweetcorn-
klits eers eiers en voeg selfraising en olie by -
meng alles behalwe laaste koppie kaas om bo op te sit -bak so 20 tot 25 min tot goud bruin-enjoy*LRVDJG*


No comments:

Post a Comment