Wednesday 19 June 2013

PANNEKOEKE TE KIES EN TE KEUR

FOTO HILDA STEYN
FLOPVRYE PANNEKOEK
Amke Fourie
Die enigste pannekoek resep wat jy nodig het. Flop nooit en is nooit rubber nie, selfs as dit koud is.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/pannekoekke-te-kies-en-te-keur.html
FLOPVRYE Pannekoek 
4 k meel
4 eiers
5 k water
½ t sout
4 t bakpoeier
½ k olie

Meng alles baie goed saam en bak, die geheim is om die bakpoeier laaste by te gooi en goed te meng.



SUPER MAKLIKE PANNEKOEK
500gram selfraising flour,
2 eiers,
2 ½ koppies water en
5ml sout.
En dis maar al!!!!! Meng als goed saam.

Lewer omtrent 30 pannekoeke.
Ek maak dit al vanaf die ouderdom van om en by 10 jaar. Dit was my verantwoordelikheid om vir al ons kleinkinders pannekoeke te bak wanneer hul eerste tand in sig is. 

PANNEKOEK
3 x 250 ml koekmeel
3 groot eiers
175 ml koppie olie
25 ml asyn
3 ml sout
15 ml bakpoeier
4 x 250 ml water

Metode
Klits eiers en water baie goed.
Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer goed.
Gooi meel by en klits.
Gooi bakpoeier laaste by en klits vir 1 min.
Hoe langer die mengsel staan voor gebruik hoe beter. Die mengsel kan in die yskas gebêre word vir 1 week.
Lewer omtrent 15 middelslag pannekoeke.
Ek verdubbel gewoonlik die resep.
Van een van ons Kosmaters!!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/pannekoekke-te-kies-en-te-keur.html 

PANNEKOEK
4 k Water
4 Eiergele
¼ k Asyn
1 k Olie
Klits saam.
4 k Bruismeel
1tlp Sout
Sif saam en vou in by Water mengsel.
4 eierwitte
Klits styf en vou liggies in by die deegmengsel.
Die geheim lê in die eierwitte wat styf geklits word.

As die deeg effens styf lyk na jou sin kan nog 1 koppie water bygevoeg word.

Die pannekoek is glad nie taai en vries goed.
Die oorbly deeg kan ook ’n paar dae in die yskas hou.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/pannekoekke-te-kies-en-te-keur.html


Lorraine Weitz Brand
Hierdie is my goeie vriendin, Marina, se resep. Sy bak vrou-alleen maklik honderde pannekoeke - wil eintlik se duisende - op 10 gasstofies met 'n glimlag op haar gesig.

ONFEILBARE PANNEKOEK 
(±30 pannekoeke)
4 eiers 
1,25 liter water
250ml olie 
5ml koeksoda
5ml sout 
50ml asyn
1kg koekmeel 
20ml bakpoeier

Klits eiers en 250ml olie goed. Voeg die koeksoda, sout en asyn by. Meng meel om die beurt met water. Voeg bakpoeier laaste by. Gooi klein bietjie olie in eerste pan. Sodra jy die groot klein taak bemeester het, kan jy pannekoek vir enige basaar gaan bak! MOENIE MEER WATER BYVOEG NIE!!!
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/pannekoekke-te-kies-en-te-keur.html


PANNEKOEK EN VULSELS 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/pannekoekke-te-kies-en-te-keur.html
PANNEKOEK
4kop koekmeel
4tl bakpoeier
4 eiers
4kop water
1tl sout
1 kop olie
60 ml asyn
Meng alles tot gladde mengsel. Indien nog te dik, gooi bietjies gewys water by tot beslag dun en loperig genoeg is


Hier is 'n paar lekker vulsels vir jou pannekoek aande !!

SOUT
3 Cheeses: gerasperde cheddar, feta en roomkaas.
Geurige maalvleis met kaassous, peppadews en gekrummelde feta kaas
Tuna met gerasperde kaas, blokkies tamatie, uie, gerkins, avokadopeer en mayo
Biltong, roomkaas en sweet chilli sous
Gaar shrimps, pienksous (mayo & tamatiesous), gesnyde gherkins, 2 eetlepels roomkaas
Kerrie maalvleis
Tuna mayo
Hoender mayo
Biltong en roomkaasvulsel
Hoendermayo met spek en piesang
Gegeurde maalvleis met witsous en kaas.
Dik kaassous met blokkies ham en gerasperde kaas
Pienk salm, avokadopeer en Mayo
Spinasie en roomkaas
Geroomde spinasie met witsous en gerasperde kaas
Bobotiemaalvleismengsel
Gebraaide sampioene, spek en uie met dik kaas/witsous
Roereiers met gerasperde kaas
Roereiers met gebraaide spek, uie gerasperde kaas
Gebraaide bully beef met uie en tamatie
Mac and cheese met ekstra gerasperde kaas
Chakalaka maalvleis
Kapokaartappels met gebraaide stukkies spek in en gerasperde kaas

SOET
Moirs instant pudding: peppermint crisp geklits met karamel kondensmelk
Moirs instant pudding: blueberry cheese cake.
Ingelegte appels wat fyngemaak, bietjie stroop, bruinsuiker of kaneelsuiker oorgestrooi
Piesang & karamel kondensmelk
Room en vars gesnyde aarbeie
Sjokolade, neute en room
Kaneelsuiker met botter gestip
DOKUMENT GEPLAAS DEUR BERIE VD VELDEN SMITH

PANNEKOEKE TE KIES EN TE KEUR:
Pannekoek
Algemeen
  • Wanneer 'n vleisvulsel gebruik word, en die vulsel is redelik styf of dik, smeer die vulsel oor die pannekoek en rol die pannekoek op soos gewoonweg.
  • Wanneer die vulsel dun is, plaas die vulsel dan in die middel van die pannekoek, en vou dan die pannekoek om die vulsel.
  • Wanneer 'n soet vulsel gebruik word, kan die pannekoek twee keer gevou word om 'n driehoek te vorm. In hierdie geval word die vulsel weer na die eerste vou oor die pannekoek gesmeer.
  • Vir afwisseling kan die pannekoeke op mekaar gestapel word met 'n soet vulsel tussen elkeen en ook bo-oor die stapel. Die pannekoek moet dan soos koek in skyfies gesny word. Indien jy spaghetti sous maak kan jy die pannekoeke ook so op mekaar stapel.

Aarbeiskuim

(Onbekend)
Bestanddele
1 hoeveelheid Soufflé Beslag (Sien resep in die afdeling)
250 g Ingemaakte Aarbeie
1 Eier Geskei
3 Ekstra eierwitte
210 g Strooisuiker
30 g Meelblom 1 k Melk
Paar druppels Vanielje Geursel
Metode
Bak die pannekoeke. Voorverhit die oond tot 200 ° C. Dreineer die aarbeie. Meng eiergeel met die strooisuiker. Voeg die meelblom by en meng goed. Verhit die melk tot op kookpunt en giet oor die eiermengsel. Meng goed. Bring weer tot kookpunt en prut vir 1 minuut. Geur na smaak met vanielje geursel. Roer die aarbeie versigtig in. Verhit. Smeer van die mengsel oor die pannekoeke. Plaas die pannekoeke bo op mekaar. Plaas die pannekoeke in a’ oondskottel. Klits die eirwitte styf en vou die res van die strooisuiker in. Bedek die pannekoeke met die eierwit mengsel en bak vir 5 minute in die oond.


Aarbei Soufflé

(Onbekend)
Bestanddele
1 x Soufflé Beslag (Sien resep in die afdeling)
250 g Aarbeikonfyt
Gerasperde skil van 1 Suurlemoen
Sap van 1 suurlemoen
15 g Versiersuiker
15 g Gekapte, geroosterde amandels
Metode
Bak pannekoeke. Plaas konfyt, skil en sap in kastrol en bring tot kookpunt. Prut 5 minute. Sit eerste pannekoek op bord. Smeer van die konfyt oor die pannekoek. Herhaal. Eindig met ongesmeerde pannekoek. Sif versiersuiker oor en strooi gekapte amandels oor. Sny in skywe en dien op.


Appel en rosyntjie rolletjies

(Onbekend)
Bestanddele
1 x Basiese Appelsapbeslag (Sien resep in die afdeling)
450 g Kookappels
60 g Strooisuiker
45 g Pitlose Rosyne
Knypie Kaneel
45 g Versiersuiker
Metode
Bak pannekoeke. Was appels en verdeel elke appel in 8 dele. Appels kan geskil word indien verkies. Plaas appels in kastrol saam met 2 eetlepels koue water. Kook die appels sonder deksel oor lae hitte tot sag.
Druk die appels deur ‘n sif. Plaas die appels terug in die pot. Roer suiker, rosyntjies en kaneel in en kook vir 3 minute, of tot dik. Smeer van die appelmengsel oor die pannekoeke, vou in kwarte. Sif versiersuiker oor en bedien.
Appelvulsel
(Onbekend)
Bestanddele
1 Groot blik kookappels
Kaneelsuiker
Metode
Verhit die blik appels. Skep lepelsvol van die appels in die middel van die pannekoeke. Strooi kaneelsuiker oor. Rol op en bedien dadelik.

Basiese Appelsapbeslag
(Onbekend)
Bestanddele
110 g Meelblom
Knippie Sout
15 g Strooisuiker
1 Groot eier
1 k Droë
Appelsap (Cider)
Metode
Sif meelblom, sout en suiker saam in mengbak. Maak ‘n holte in die middel. Voeg eier by en voeg appelsap geleidelik by. Klits tot die mengsel glad is.

Basiese Souflebeslag
(Onbekend)
Bestanddele
170 g Meelblom
Knippie Sout
2 Eiers, geskei
½ k + 4 e Melk
Metode
Sif meelblom en sout in mengbak. Maak holte in die middel en voeg eiergele by. Voeg bietjie van die melk by en klits geleidelik in die mengsel in. Voeg meer melk by namate die mengsel begin glad word. Klits die eierwitte styf en vou in die beslag in. 


Basiese Melkbeslag
(Onbekend)
Bestanddele
110 g Meelblom
Knippie Sout
2 e Olie
1 Eier
230 ml Melk
Metode
Sif meelblom en die sout saam. Maak ‘n holte in die middel en voeg die olie en die eiers by. Voeg melk geleidelik by en klits die mengsel tot baie glad. Genoeg vir 8 pannekoeke.


Chinese Pannekoekrolletjies

(Onbekend)
Bestanddele - Vulsel
1 e Olie
1 Klein ui
60 g Sampioene
170 g Varkvleis – In blokkies gesny
Sout en Peper na smaak
Paar druppels Sojasous
1 Geklitste eier
Olie vir diepbraai
Bestanddele – Soet Suur Sous
1 440 g Blikkie pynapplestukkies
140 ml Koue water
1 Groen Soet Rissie
1 e Bruinsuiker
2 e Moutasyn (of enige ander asyn)
15 g Mielieblom
1 Klein blikkie Tamatiepuree
2 e Sojasous
Bestanddele - Garnering
1 Groen Soet Rissie
1 x 440 g Pynappelskywe
Metode – Soet Suur Sous
Dreineer die pynappel en meng die sap met die koue water. Ontpit die groen rissie en sny in dun repies. Meng die water mengsel met al die ander bestanddele behalwe die pynappel en soetrissie. Gooi water mengsel in ‘n pan en bring tot kookpunt.
Voeg pynappel en soetrissie by en prut vir sowat 4 minute.
Metode - Vulsel
Bak kleinerigge pannekoekies genoeg vir sowat 6 mense. Maak dit dubbel die gewone dikte. Bak tot goudbruin en gestol bo. Hou eenkant. Verhit een eetlepel olie in ‘n pan en braai die uie en gesnyde sampioene daarin tot sag. Voeg die vrakvleisblokkies daarby en geur met sout, peper en sojasous.
Plaas pannekoeke met die bruinkante na bo. Smeer van die vleisvulsel oor die middel van die pannekoek. Vou twee teenoorgestelde kante toe en rol die pannekoek op. Begin by een van die oop punte. Verseël nou goed met geklikste eier. Verhit die olie en laat die pannekoek versigtig in die warm olie ingly. Bak vir sowat 1 minuut of tot goudbruin. Haal uit die olie en dreineer. Garneer met pynappelskywe en soetrissie.


Hoender Pannekoek I

(Onbekend)
Bestanddele – Beslag
110 g Meelblom
Sout
1 Eier
110 ml Melk
Olie om in te braai
Bestanddele – Vulsel
30 g Margarien
2 t Gerasperde ui
250 g Gaar Hoender
Sout en peper na smaak
Olie
Metode Beslag
Sif meelblom en knypie sout saam.
Voeg eier by en klits goed. Voeg melk geleidelik by en klits tot beslag glad is.
Metode
Smelt margarien en braai die uie tot sag. Kap gaar hoender in klein stukkies en voeg by die uie. Meng goed. Geur met sout en peper. Voeg nou die hoender mengsel by die pannekoek beslag. Maak olie in pannekoek pan warm. Neem nou twee eetlepels, miskien meer as die pan groter is.. Bak vinnig aan die eenkant bruin en draai dan om en bak aan die anderkant ook bruin. Rol op. Bedien dadelik met witsous, kaassous of skerp tamatiesous (Sien resep verder aan in die hoofstuk).


Hoenderpannekoek II

(Onbekend)
Bestanddele – Beslag
110 g Meelblom
Sout
1 Eier
110 ml Melk
Olie om in te braai
Bestanddele – Vulsel
300 g Gaar Hoender
1 k Witsous
60 g Gerasperde Kaas
2 e Room
Metode Beslag
Sif meelblom en knypie sout saam. Voeg eier by en klits goed. Voeg melk geleidelik by en klits tot beslag glad is. Bak nou in pan 2 eetlepels op ‘n slag.
Metode
Kap hoendervleis fyn.
Meng met die helfte van die witsous. Bak nou die pannekoeke en vul met die hoendervulsel. Rol die pannekoeke op en plaas in ‘n bak. Voeg die kaas en die room by die res van die witsous. Verhit die mengsel oor ‘n stadigge hitte. Gooi die sous nou oor die pannekoek en rooster vir ’n paar oomblikke onder die oond se rooster.
Wenk
Om hierdie vulsel meer interessant te maak kan die hoender met Biltong vervang word. Ek sal al die biltong in die eesrte witsous gooi. En die sous wat dan oor die pannekoek kom ekstra kaas insit.


Kalfsvleis en Suurlemoen Pannekoeke

(Onbekend)
Bestanddele
450 g Gaar Kalfsvleis (Of enige beesvleis)
1 t Gerasperde Suurlemoenskil
110 g Gaar Ertjies
Sousmengsel (Sien resep in hierdie afdeling)
Metode
Meng al die bestanddele saam en vul pannekoeke daarmee.
Rol pannekoeke op en geniet.

Kreoolse Pannekoek

(Onbekend)
Bestanddele
1 Basiese Melkbeslag (Sien resep aan begin)
3 Lemoene
3 Klein ryp Piesangs
Sap van 1 suurlemoen
60 g Strooisuiker
2 e Rum
Metode
Bak die pannekoek. Skil die lemoene en verwyder die pitte en vliesies. Werk oor ‘n bakkie sodat die lemoensap wat afdrup opgevang kan word. Meng lemoenskyfies met piesangskyfies. Verhit suurlemoensap, lemoensap en suiker. Voeg rum by en hou die sous warm. Skep lepelsvol lemoen en piesang op elke pannekoek.
Vou pannekoeke oor in 4, sodat dit soos ‘n pakkie lyk. Gooi nou die sous oor die pakkies.

Lamsvleis en Beet Pannekoeke

(Onbekend)
Bestanddele
340 g Gaar Skaapvleis in blokkies gesny
1 Gaar beet in blokkies gesny
1 t Suurlemoensap
Sout en peper na smaak
Sousmengsel
Metode
Meng al die bestanddele saam. Vul die pannekoeke, rol op en geniet.


Mieliepannekoek

(Onbekend)
Bestanddele Beslag
280 ml Melk
1 eier
110 g Meelblom
½ t Sout
Bestanddele Vulsel
4 Repies spek
1 e Gekapte Ui
1 Blikkie Geroomde mielies
1 t Gekapte Pietersielie
Sout en peper na smaak
Metode Beslag
Sif meelblom en sout saam in die mengbak.
Voeg eier by en klits teen lae spoed. Voeg melk geleidelik by totdat die mengsel glad is. Bak pannekoeke soos gewoonlik en hou warm.
Metode
Sny spek in kleiner stukke en braai saam met die ui tot bros. Voeg mielies, pietersielie, sout en peper by en verwarm. Skep ‘n eetlepel vol van die mengsel in die pannekoeke. Rol die pannekoeke op en geniet.


Ontbytpannekoeke

(Onbekend)
Bestanddele
340 g Gaar Varkworsies
110 g Gaar Sampieoene
170 g Suikermielies
Sout en Peper na smaak
Sousmengsel (Sien resep verder in hierdie afdeling)
Metode
Meng alles. Vul pannekoeke met vulsel. Rol die pannekoeke op en bedien met Skerp Tamatiesous (Resep in hierdie afdeling).


Pannekoektoring(Onbekend)

Bestanddele
12 Pannekoeke
4 k Witsous
360 g Sampieoene
60 g Botter
250 g Gerasperde kaas
140 ml Geklopte Room
250 g Tuna
Sout en peper na smaak
Ekstra gerasperde kaas
Paprika
Metode
Voorverhit oond tot 200°C. Bak die 12 pannekoeke met jou gunsteling beslag. Hou die pannekoeke warm deur dit op ‘n bord te sit en dan die bord op ‘n kokkende pot water te sit. Sorteer die sampioene in die botter. Verdeel die witsous in 4 gelyke dele. Meng die sampioene met een deel van die witsous. Meng dan die Kaas met ‘n ander deel en dan die Tuna met ‘n ander deel. Klits die room styf en vou in die laaste deel witsous. Toets elke mengsel afsonderlik vir smaak. Voeg sout en peper by indien nodig.
Plaas een pannekoek op bord en smeer met sampioen mengsel. Plaas nou die volgende pannekoek oor die gesmeerde pannekoek. Smeer van die kaasmengsel oor die pannekoek. Plaas nou weer ‘n pannekoek oor die kaasmengsel en smeer tunamengsel oor die pannekoek. Herhaal tot al die pannekoeke opgebruik is. Bedek nou die toring met die roommengsel. Sprinkel ekstra kaas en paprika oor die toring. Plaas in die oond vir 5 minute. Om te bedien moet die toring soos ‘n koek gesny word in skyfies en bedien word.
Perskevulsel
(Onbekend)
Bestanddele
1 Blikkie Perskes
140 ml Suurroom
1 t Mielieblom
3 t Water
Metode
Gooi die stroop van die blikkie perskes af. Sny die perskes fyner. Gooi die suurroom in ‘n kastrol, voeg perskes by en verhit tot kookpunt. Roer aanhoudend. Voeg die mielieblom gemeng met die water by. Kook 3 minute. Skep die van die vulsel in die pannekoeke en rol op. Genoeg vir 5 tot 6 pannekoeke.

Piesangvulsel
(Onbekend)
Bestanddele
4 Groot Piesangs
Suurlemoensap
140 ml Room
Metode
Maak die piesangs met vurk fyn. Roer die sap van ‘n halwe suurlemoen en die room by. Skep van die vulsel in die middel van die pannekoeke toe en rol op. Strooi strooisuiker oor en bedien dadelik.


Pynappel Pannekoek

(Onbekend)
Bestanddele
1 x Soufflé Beslag (Sien resep in die afdeling)
1 Groot blik Pynappelstukkies
3 e Appelkooskonfyt
Metode
Dreineer die pynappel en hou die stroop eenkant. Plaas die appelkooskonfyt saam met 3 eetlepels pynappelstroop in kastrol en bring tot kookpunt. Prut vir 2 minute en hou warm. Vou pynapplestukkies in beslag en bak. Plaas pannekoeke opmekaar en bedien met sous apart.


Sampioenpannekoek

(Onbekend)
Bestanddele
4 Eiers
280 ml Melk
8 e Meelblom
½ k Gaar Sampioene
Sout na smaak
Olie om in te braai
Metode
Plaas eiers, melk meelblom, sampioene en sout in hierdie volgorde in ‘n voedselverwerker. Verwerk tot die sampioene puree vorm. Verhit olie in die pan en gooi van die beslag in die pan. Braai tot goudbruin aan albei kante.

Sampioenvulsel
(Onbekend)
Bestanddele
200 g Klein Sampioene
2 Dun Repies Spek
75 g Botter of Margarien
45 g Meelblom
170 ml Hoenderaftreksel
2 e Room
Metode
Vee die sampioene af met ‘n klam doek. Hou ‘n paar sampioene eenkant vir garnering. Verwyder die steeljies van die garnerings sampioene. Kap die res van die sampioene en steeltjies fyn. Sny spek in klein stukkies. Smelt die helfte margarien in ‘n pan. Voeg die heel sampioene by en kook stadig tot sag. Skep die sampioene uit en hou eenkant. Smelt nou die helfte van die halwe margarien wat oorgebly het. Voeg die ander sampioene en spek by en braai tot die sampioene gaar is. Geur na smaak. Maak ‘n dik sous met die meelblom, hoenderaftreksel en margarien. Gooi sous in die pan waar die sampioene en spek is. Roer die mengsel aanhoudend. Voeg die room by. Smeer die vulsel oor die helfte van die pannekoek. Vou die helfte oor en smeer weer van die vulsel oor. Vou nou weer die pannekoek om driehoek te maak. Garneer met die heel sampioene. Bedien dadelik.


Sjokoladevulsel

(Onbekend)
Bestanddele
140 g Sjokolade
30 g Neute
140 ml Room
Metode
Rasper die sjokolade. Kap die neute fyn en voeg by die sjokolade. Meng room met die sjokolade mengsel. Smeer die vulsel oor warm pannekoeke, rol op en bedien dadelik.

Skelvis en Kaaspannekoek
(Onbekend)
Bestanddele
1 Pakkie Skelvis
1 k Witsous
Sout en Peper
60 g Gerasperde Kaas
Pannekoek
Metode
Kook skelvis in water vir 15 minute.
Dreineer en vlok die vis. Meng nou die vis en die witsous. Geur met sout en peper. Vul pannekoeke met die mengsel en rol op. Plaas die pannekoeke in ‘n oondbak. Strooi gerasperde kaas oor en rooster pannekoeke in die oond tot mooi ligbruin.

Skelvis en eier pannekoeke

(Onbekend)
Bestanddele
340 g Gaar skelvis
2 Hardgekookte eiers
1 e Pietersielie
Sout en peper na smaak
Sousmengsel (Sien resep verder in die afdeling)
Metode
Vlok die vis. Kap die eiers fyn. Kap die pietersielie fyn. Meng al die bestanddele. Vul die pannekoeke, rol op en geniet.

Skerp Tamatiesous
(Onbekend)
Bestanddele
1 Klein bottel (360 g ) Tamatiesous
1 desert lepel Worcester sous
1 e Appelsasyn
½ t Mosterd
1 t Strooisuiker
Varsgemaalde Swart peper
1 of twee Rissies (Indien Verkies), fyngekap
Metode
Meng alle bestanddele. Kan warm of koud of op of oor opgerolde gevulde pannekoeke bedien word. Heerlik oor pannekoeke wat met dikmelkkkaas of maalvleis gevul is.


Soet en Suur Varkvleisvulsel

(Onbekend)
Bestanddele
230 g Varkfilet of ander varkvleis
30 g Margarien
1 Klein uitjie, fyngekap
4 e Tamatiesous
4 e Asyn
1 e Blatjang
2 t Mosterd (aangemaakte)
1 t Strooisuiker
1 e Worcestersous
1 Klein blikkie pynapplestukkies, (gedreineer)
280 ml Pynappelvloeistof
½ t Sout
1 e Mielieblom
½ t Peper
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Bak eers die pannekoeke en hou warm. Sny vleis in netjiese klein blokkies, Smelt margarien en voeg varkvleis sowel as uie by. Braai oor stadige hitte en roer af en toe. Sodra vleis meng al die ander bestanddele, behalwe die pynappelvloeistof. Gooi mengsel in die pan en laat stadig kook. Meng pynappelsap met mielieblom. Voeg dit stadig by die vleismengsel. Roer aanhoudend tot die sous dik word. Laat stadig kook vir 1 minuut en verwyder van die plaat. Skep ‘n bietjie van die sous in elke pannekoek. Rol die pannekoeke toe en plaas langs mekaar in lig gesmeerde oondbak.
Gooi die res van die sous oor die pannekoeke en bak in ‘n oond tot sous borrel. Dien warm op.
Sousmengsel
(Onbekend)
Bestanddele
1 Gekapte ui
70 g Margarien
70 g Meelblom
2 k Water
2 OXO Blokkies
Metode
Los die oxo blokkie op in die water. Braai die ui in die margarien tot ligbruin. Los meelblom op in van die oxo mengsel. Gooi oxo mengsel in die pan.
Roer nou die meelblom mengsel by. Roer aanhoudend tot die mengsel begin kook en dik word.

Soutvleispannekoektoring

(Onbekend)
Bestanddele
1 Ui
15 g Margarien
1 Blikke Soutvleis
½ k Witsous
1 Appel
Worcestersous
Sout en peper na smaak
6 Pannekoeke
Metode
Braai gekapte ui in margarien to mooi ligbruin.
Meng ui met soutvleis en witsous. Voeg geskilde en gekapte appel by. Gooi worcestersous na smaak by. Geur na smaak en verhit. Bou nou die toring deur die ‘n pannekoek op ‘n bord te sit. Smeer van die vulsel oor die pannekoek. Herhaal tot alles klaar is. Sny en geniet.

Spinasie en Spekvleis Pannekoeke

(Onbekend)
Bestanddele
170 g Gaar gekapte spinasie
230 g Gaar gekapte spekvleis
Sout en peper na smaak
Sousmengsel (Sien resep in die afdeling)
Metode
Meng al die bestanddele. Vul pannekoeke, rol op en geniet.

Suurlemoenvulsel
(Onbekend)
Bestanddele
Kaneelsuiker
Suurlemoensap
Metode
Strooi kaneelsuiker oor die warm pannekoeke. Sprinkel vars suurlemoensap oor die pannekoeke. Rol op en geniet.

Tropiese Rolletjies
(Onbekend)
Bestanddele
1 x Basiese Appelbeslag (Sien resep in die afdeling)
1 Lemoen
1 Piesang
250 g Ingemaakte Koejawels
250 g Ingemaakte Lietjies
2 e Rum (Opsioneel)
½ k Geklopte Room
Metode
Bak pannekoek.
Skil lemoen en verwyder die pitte. Sny lemoen in skyfies en verwyder die vlies. Skil en sny piesang in skyfies en meng met die lemoen. Dreineer die blikkies vrugte en voeg by die lemoen. Meng Rum in. Skep van die vrugte in pannekoeke en rol op. Bedien met room.

Vinnige Vleis Vulsel

(Onbekend)
Bestanddele
Gaar vleis in blokkies gesny
Ui
Olie
Sout en Peper na smaak
Tamatiesous (Sien Skerp Tamatiesous Resep)
Metode
Braai ui in die olie tot sag. Voeg die vleis by en verhit. Voeg nou die sout en peper by. Indien verkies kan tamatiesous bygevoeg word. Of tamatiesous kan oor die pannekoek gegooi word net voor opdiening.


Worspannekoek

(Onbekend)
Bestanddele
Enige soort worsies
Gesnyde Appelskyfies
Blatjang
Pannekoek
Metode
Braai worsies in margarien vir elke pannekoek. Sodra die worsies begin bruin word, voeg die appelskyfies by en braai saam. Skep van die mengsel in elke pannekoek en rol op. Bedien saam met blatjang.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/pannekoekke-te-kies-en-te-keur.html

Wessel Steyn
steam kitchen -recipe

Duitse oond pannekoek resep

1/2 koppie meel, gesif
3 eiers, liggies geklits
1/2 koppie melk
2 eetlepels gesmelte botter
1 eetlepel suiker
1/4 teelepel sout

Voorverhit die oond tot 230°C As jy het 'n konveksie oond, sit dit op 210°C - die pannekoeke styg nog hoër op die konveksie omgewing.
Klop eiers in 'n groot bak. Roer die melk, gesmelte botter, sout en suiker. Geleidelik voeg meel by eiermengsel, 'n lepel op 'n tyd. Laat jou kind jou help om deur lepels van die meel in te gooi terwyl jy met die hand klits. Maak seker dat die meel goed opgeneem is in die beslag met geen klonte, maar nie oor-meng nie, jy wil die pannekoek lig hou.
Spuit liggies 'n 9 "-11" oond-veilig pan met kook spuit. Giet die beslag in die pan. Bak 12-18 minute, net totdat die kante goudbruin is. Kontroleer jou pannekoek by die 12 minute merk. Dit is pret om die oond lig aan te skakel en te sien hoe die pannekoek-vorm aanneem!
Nota: Probeer eksperimenteer met verskillende panne en braaipanne - net so lank as dit wat jy gebruik iets ten minste 9 "wyd en oond veilig is. Jy kan ook die beslag verdeel in twee kleiner panne en hulle langs mekaar bak en kyk watter een styg hoër. Maak net seker dat jou oondrak in die middel posisie of laer is. Vul met gedroogde met vrugte, jogurt, gepoeierde suiker, stroop, geroosterde amandels of vrugte botter. Bedruip met caramel, sjokolade stroop, heuning of esdoringstroop.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/pannekoekke-te-kies-en-te-keur.html

PANNEKOEK GROOTMAAT 
(200 pannekoeke)

40 eiers (3 dosyn + 4)
12,5 l water
2,5 l olie
500ml asyn
50ml koeksoda
50ml sout
5,25kg meelblom (40 k)
200ml (200g) bakpoeier

Kaneelsuiker > 5kg suiker en 2 groot bottels kaneel
Metode soos bo vir 30 pannekoeke

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/pannekoekke-te-kies-en-te-keur.html

No comments:

Post a Comment