Sunday, 16 June 2013

ROSYNEBROOD



DIE ALLERLEKKERSTE ROSYNEBROOD:

1 pakkie Bruismeel
1x250 g pitlose rosyne
1 houertjie karringmelk
2 eetl. suiker
2 gelyk teelepels bakpoeier
knippie sout
Stel oond op 180ºC.  Sif droë bestanddele saam, meng suiker saam, gooi rosyne by en voeg die karringmelk by. Ek skud altyd die kartonnetjie agterna met 'n bietjie melk uit. Meng deeglik met houtlepel. Skep uit in gesmeerde broodpannetjie en bak vir een uur. Keer uit en laat afkoel.
Hierdie broodjie is 'n wenner. Soos met alle kitsbrode, is dit op sy lekkerste op die eerste dag.  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/rosynebrood.html


ROSYNTJIEBROOD

Hierdie brood is baie lekker saam met patee, soos bv. hoenderlewer, snoek en roomkaas, al is dit effens soet.
500g Selfraising meel
4 tlp. bakpoeier (dit klink baie, maar dis reg)
1½ koppies melk
1½ koppies rosyntjies
1 koppie suiker
1 eier
sout
Meng alles saam met elektriese menger. Bak 45 min. - 1 uur op 180ºC.
Resep kan baie suksesvol verdubbel word vir twee brode.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/rosynebrood.html




LEMOEN-ROSYNEBROOD

Sap en skil van 1 lemoen
150g (250ml) rosyne
1 eier, effens geklits
30ml botter, gesmelt
240g (500ml) koekmeelblom
5ml bakpoeier
2ml koeksoda
2ml sout
100g (125ml) suiker
1pak (100g) pekanneute, fyn gekap


METODE:Voorverhit die oond tot 180°C (350°F). Smeer ‘n broodpan van 23 x 13 x 7cm met margarien.
Vul die lemoensap aan met water tot 250ml.
Voeg die gerasperde lemoenskil asook die rosyne by. Meng die eier en botter en voeg by. Meng goed.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Voeg die suiker en gekapte pekanneute by en meng deur.
Voeg die lemoensapmengsel by die droë bestanddele en meng deeglik.
Skep in die voorbereide pan en bak 1 uur lank of tot gaar. Die brood is gaar wanneer ‘n toetspen skoon uit die middel van die brood kom. Laat effens afkoel en keer uit op ‘n draadrak. Laat heeltemal afkoel en dien op met botter.
Lewer ‘n medium-grootte brood.

Bron:Huisgenoot Wenresepte 3
Geplaas deur: Maré Nieuwoudt http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/rosynebrood.html

VINNIGE ROSYNTJIEBROOD MET 'N VERSKIL 
500g bruismeel
1 t sout
2 gelyk teel bakpoeier
1/2 k suiker
1 geklitste eier
1 k melk
1 k lou water
1 k pitlose rosyne
Metode:

Meng bestandele behalwe rosyne goed en druk oop op meelbestrooide oppervlak
Strooi rosyne oor en rol op.
Sit in gesmeerde broodpannetjie
Bak ongeveer 45 min by 180 *C Kosmater http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/rosynebrood.html

No comments:

Post a Comment