Thursday, 20 June 2013

SLAPHAKSKEENTJIE SLAAI

                                                      Foto>Helena Kruger

SLAPHAKSKEENTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/slaphakskeentjie-slaai.html
klein uietjies, skoongemaak[of in stukke gesny]
2 eiers > {4 eiers]
125 ml suiker>{1k suiker}
60 ml asyn>{ 1k asyn}
2 e water>{4e water}
sout en peper

Dompel jou uie in ´n pot kokende soutwater en kook tot dit net gaar is.
Gooi die water af.
Maak ´n sous deur die eiers te klits en die suiker by te voeg.
Klits dan die asyn en water by.
Kook die mengsel tot dit begin dik en skuimerig word, verwyder van hitte en gooi oor die uie.
Dit kan warm of koud bedien word, maar verkieslik koud.
N.S>maak die sousie maar dubbel aan
Helena Kruger 20/6/13



SLAPHAKSKEENTJIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/slaphakskeentjie-slaai.html

1,5 kg piekeluitjies
Sit die uitjies met skil en al in ’n bak.
Gooi genoeg kookwater oor om dit te bedek en laat staan vir 5 minute. Dreineer en trek die uitjies se skille af.
Kook nou die uitjies in ’n pot met ligte soutwater tot hulle net sag is - moenie te lank kook nie, dan sit jy met paphakskeentjies.
Skep versigtig uit met ’n gaatjieslepel in ’n sif of vergiettes sodat die uie goed kan dreineer.
Sodra die uitjies droog is, skep in ’n slaaibak.

SOUS
250 ml water
125 ml wynasyn
125 ml suiker
5 ml mosterdpoeier
5 ml sout
3 eiers - geklits
Verhit die water, asyn, suiker, mosterd en sout tot die suiker gesmelt is. Verhit verder tot kookpunt en prut vir 5 minute.
Laat afkoel.
Voeg van die louwarm asynsous by die geklitste eiers en klits liggies deur. Gooi die eiermengsel by die res van die asynsous in die kastrol en verhit weer stadig tot kookpunt terwyl jy roer.
Die sous moet baie liggies prut en nie kook nie, aangesien dit maklik skif.
Prut liggies, terwyl jy roer, tot die sous verdik is.
Laat effens afkoel en gooi oor die uie.N.S***>>Maak die sousie 2x aangemaak**Helena Kruger*
Engela V. D. Heever
Ek moet nou eers spog. Het my man se Slaphakskeentjies gemaak. Eerste probeerslag. Dit moet lekker wees, want hy kan nie ophou proe nie! (Ek eet glad nie mostert nie) Baie dankie vir almal se goeie raad!!!15/01/2015


 



Slaphakskeentjies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/slaphakskeentjie-slaai.html
1 kg klein uitjies
2 t mosterd
1 t mielieblom
½ t borrie
¼ k koue water
2 k bruin druiweasyn
¾ k suiker
½ t sout
3 eiers

Metode:
Kook die uitjies tot dit gaar is maar steeds ferm.
Dreineer dit op ‘n sif.
Maak die mosterd, mielieblom en borrie met koue water aan en roer.
Meng dit met die asyn en voeg dit saam met die suiker en sout in ’n kastrol.
Verhit stadig tot die suiker gesmelt het en laat dit kook.
Klits die eiers en voeg die asynmengsel stadig by.
Verhit die sous stadig en roer tot dit verdik.
Giet die warm sous oor die uie.*20/6/13

No comments:

Post a Comment