Saturday 29 June 2013

STEAK-EN-NIERTJIE-PASTEIE./ STEAK AND KIDNEY PIES

                                                          Foto>bbcgoodfood.com
 STEAK-EN-NIERTJIE-PASTEIE.
1,4 kg steak en niertjies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
40 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
4 wortels, in klein blokkies gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 selderystok, in skywe gesny
5 ml gemengde droë kruie
2 lourierblare
150 ml beesvleis-aftreksel
100 ml water
15 ml mielieblom, gemeng met water tot ’n pasta
1 vel blaardeeg (400 g)
1 eier, geklits

Verhit oond tot 180 °C. Geur vleis met sout en swartpeper. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die vleis (nie alles op een slag nie) tot bruin. Voeg ui, wortels, knoffel en seldery by. Braai vir sowat 10 minute tot sag en deurskynend. Geur met sout, swartpeper, kruie en lourierblare. Voeg aftreksel by en plaas in warm oond vir 1 uur tot die vleis sag is. Haal uit oond en voeg die 100 ml water by. Bring die vulsel tot kookpunt en verdik dit met die mielieblom-mengsel. Skep vulsel in bak. Laat afkoel. Sny ’n dun strook uit die deeg en maak ’n rand om die bak. Smeer die strook met geklitste eier. Bedek vulsel met die deeg. Sny kepe bo-in sodat stoom kan ontsnap. Versier die pasteie met orige deegstukkies en smeer die deeg met die geklitste eier. Kosmater
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/steak-en-niertjie-pasteie-steak-and.html


BIEFSTUK EN NIERTJIEPASTEI
1 kg biefstuk
4 skaapniertjies
halwe koppie koekmeel
2 ml gemaalde gemmer
1 ml tiemie
3 t Worcestersous
1 t aangemaakte mosterd
1 t sout
kookwater
30 ml sago
4 uie, in skywe gesny
Klitskors:
1 k koekmeel
2 t bakpoeier
knippie sout
125ml sonneblomolie
125 ml melk
1 eier
Sny biefstuk in blokkies. Maak skaapniertjies skoon, sny die wit gedeelte binne uit en sny die niertjies ook in groterige blokkies.
Meng koekmeel, gemmer en tiemie en rol beesvleis en niertjieblokkies daarin tot goed gemeng. Plaas dit in ‘n dikboomkastrol en voeg die Worcestersous, mosterd en sout by. Voeg genoeg kookwater by om die vleis mee te bedek. Sit die deksel op en prut dit oor matige hitte totdat die vleis lekker sag is. Roer die mengsel af en toe om sodat dit nie aanbrand nie. Week die sago in ‘n bietjie koue water. Voeg die uie en sago by die vleis en prut tot die vulsel dik is. Roer af en toe om aanbrand te voorkom. Skep die gaar vulsel in ‘n groot oondvaste bak.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klits die olie,melk en eier saam. Voeg die meelmengsel by en klits tot goed gemeng. Gooi die deeg oor die vulsel. Bak die pastei 25 30 minute by 190ºC. Sit dit warm voor. Lewer 6 – 8 porsies. Engeland Kosmater♥
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/steak-en-niertjie-pasteie-steak-and.html

No comments:

Post a Comment