Tuesday 18 June 2013

SUIWER ROGBROOD

SUIWER ROG BROOD
BOEREKOS


Vanweë kroniese sinus-probleme moes ek alle koring-, suiwel en suiker uitskakel. Kortweg, brood was UIT. Ek het hieroor gesels op my kuierwerf , en ...so 'n rog-broodjie resep gekry. Die persoon by wie ek dit gekry het het dit iewers op die internet gevind, maar hy kon nie onthou waar nie. Hy het egter reeds die resep aangepas vir ons SA toestande en die optimale resep vir sy broodbakmasjien gevind.

Plaas die bestanddele in die gegewe volgorde in die mengbakkie van die masjien:

2 eiers
1 k warm water (so teen 40ºC)
2 e olie (ek gebruik olyfolie)
2 e molasse (ek gebruik heuning)
2 ½ k rogmeel
¼ k mielieblom (Maizena)
2 t lesitien (ek het dit nog nooit bygevoeg nie)
1¼ t sout
1 pakkie droë gis

Gebruik die verstelling vir 'n volgraan broodjie van 1kg op die masjien (Wholewheat basic) sodat die totale tyd sowat 3h40min is. (op my masjien is die tyd 3h15min

Geskryf deur: SAHuisvrou* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/suiwer-rogbrood.html

No comments:

Post a Comment