Friday 7 June 2013

WATERBLOMMETJIEBREDIE


WATERBLOMMETJIEBREDIE



VOëLVLEI  WATERBLOMMETJIEBREDIE:

 6 porsies
 1 kg skaapvleis in blokkies gesny
 2 medium uie
 1 kg waterblomme
 250 ml gesnipperde ontbytspek
 3 medium aartappels — in blokkies gesny
 sout & peper
 250 ml vleisaftreksel
 vars suurlemoensap na smaak (± 15 ml) of 2 suurappels gekap

Spoel waterblomme deeglik. Braai vleis, wat met sout en peper besprinkel is, tot bruin. Haal vleis uit en braai uie goudbruin in dieselfde vet. Sit vleis terug in kastrol, voeg al die ander bestandele, behalwe suurlemoensap by. Laat stowe stadig tot vleis sag is. Moet nie onnodig roer nie. Vul aan met klein hoeveelhede vleis-ekstrak indien nodig. Wanneer gaar, geur met suurlemoensap. Bedien met rys.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/waterblommetjiebredie.html

Erik De Milander
Ek boer met waterblommetjies en is mal daaroor. Maak dit ook graag in grootmaat (no.25 pot) vir gaste by die Bushman's Cave Bergteater. Beesvleis is 100% in orde, maar so lekker vetterige skaapribbetjie en -nek met paar skenkels is regtig baie komplimenterend. 'n 


Eenvoudige formule vir verhoudings tot jou bestanddele is as volg:

1 deel uie opgesny,
1 deel aartappels in blokkies,
2 dele vleis in happie grootte en
3 dele waterblommetjies, skoongemaak.



Ons kook eers die vleis en uie met sout en suurlemoenpeper na smaak, asook paar naeltjies. Sodra vleis amper gaar is, gooi waterblommetjies, aartappels en suurlemoensap by. Laat prut rustig tot gaar. Roer deur en laat staan bietjie. Pasop om te veel vloeistof by te gooi, waterblommetjies het baie hoë water inhoud. Jy kan ook droë wyn bygooi. Waterblommetjies vries baie goed as jy dit eers blansjeer. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/waterblommetjiebredie.html


WATERBLOMMETJIEBREDIE

1.8kg baie dik vet skaaprib
2 middelslag uie fyn gekap
250g klein bondeltjies waterblommetjies, gewas en stele afgesny
250ml kookwater
250ml droe witwyn
1 groot aartappel in skywe gesny
Sout en knypie suiker
Peper na smaak
Metode:
Strooi sout, suiker en peper oor vleis en braai bruin tot sag in swaarboomkastrol
Verwyder uit kastrol.
Braai uie tot goud bruin in dieselfde vet van die vleis
Voeg waterblommetjies by en sit aartappels bo-op
Voeg wyn by. Kook stadig totdat sag is maar nog heel.
Plaas vleis in opdienskottel, gooi bredie bo-oor en hou warm.
Bedien met rys

Sny die stingels af, en enige bruin blare om die ‘vleis’.
My ouma het net een manier gehad van waterblomme kook, en dit is oorgedra na my ma, en wie is ek om te stry! ‘n Waterblommetjie bredie moet laaaank op die stoof staan. As jy ‘n Welcom Dover het, is dit net beter.
Gebruik goeie vleis as jy hierdie bredie kook – dit is spesiaal genoeg om nie hier met afval beentjies en weggooi vleisies te sukkel nie.
Braai ‘n ui, opgesny, in olie. Voeg die vleis by, en verbruin. Gooi die waterblomme in die pot, sorg dat daar ‘n bietjie water onder-in is, en sit die deksel op nadat jy sout ingegooi het. Draai die hitte laag, en vergeet van hom vir so ‘n uur. Loer darem net of die pot nie droogkook nie, maar dit behoort nie. Hoeveelheid blomme? Soveel jy wil – dit kan more weer opgewarm en geniet word. Of gevries, maar opgewarm is beter. Dit is mos ‘n bredie se geheim. Gister se kos is more ekstra lekker. Mits die yskas werk…
Skil ‘n groot aartappel, en sny in blokkies. Hou dit in water sodat dit nie bruin word nie, en gooi na die eerste uur se kook by.
Waterblommetjie bredie MOENIE kirts onder jou tande nie. Dit is ‘n bredie wat ‘n bredie genoem word, omdat dit lank moet kook! Al dente is vir pastas en vars groente uit die tuin. NIE waterblomme nie.
As jy dit roer, moet dit nie fyn karring nie – die blaartjies lyk tog te mooi as dit heel en sag gekook op die rys is.
Daar is nie resepte vir hoeveelhede nie. Slegs as jy ‘n palet vir soet, suur, sout, warm en spicy het, sal jy die perfekte waterblom pot maak. Daar moet egter suurlemoensap en suiker bykom. Aan die einde van die kooktyd. Daardie soet-suur balans moet perfek op die tong kom le, en jy weet die bredie is ‘n wenner.
Ek druk ‘n halwe klein lemmetjie of suurlemoen uit. Roer versigtig deur, skep ‘n teelepel vol uit, blaas dit koud, en dan proe ek of dit ‘n feature in die gereg is. Baie subtiel, by gese. Dan ‘n teelepel suiker, en so bou ek aan die smaak.
Asseblief, moenie die dis ‘n onreg aandoen deur dit op gewone wit Tastic, of gegeurde rys soos jasmyn rys, voor te sit nie. Slegs ‘n lekker basmatie rys is goed genoeg vir hierdie resep. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/waterblommetjiebredie.html



Waterblommetjie Bredie 2

(Met komplimente van Marie by Stouthern Staying Struisbaai)

1 kg stowe skaapvleis (blad / skenkel)
1 kg waterblommetjies
2 uie gesny
1 huisie knoffel (of na smaak)
1groot groen appel (gerasper)
500 gr aartappels (in blokke gesny)
200 ml witwyn
1 eetl worcestersous
2 pakkies (blokkies) lamsaftreksel
neutmuskaat, sout, swartpeper ens.

1. Braai vleis bruin (of rooster in oond) saam met sout.
Voeg uie en knoffel by. (knoffel later dit verbruin gouer)
2. Voeg helfte van waterblommetjies by.
3. Voeg aftreksel en worcestersous by, asook bietjie water,
soveel soos nodig. Die wyn kan ook nou of later bygevoeg
word - dit help om die vleis sag te maak.
Stowe tot vleis sag en sappig is.
4. Voeg gerasperde appel by, asook die aartappels. (onthou
die aartappels kook nie maklik sag in 'n suurmedium nie -
dit kan apart gekook word en dan die laaste halfuur
saam met die bredie prut.)
5. Voeg die res van die waterblommetjies, asook die
neutmuskaat en peper by, en prut laaste halfuur saam
met bredie. 
Bedien met rys en pampoenkoekies. Geniet dit. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/waterblommetjiebredie.html



WATERBLOMMETJIE BREDIE - BOLAND RECIPE

1-2Kg Waterblommetjies,
2 Tablespoons Cooking Oil,
1 Cup warm water or white wine,
A bunch of suring or oxalis (or juice of half a lemon),
1kg Lamb cut into cubes and rolled in flour,
1 chopped Big onion,
Baby potatoes cut in half,
Salt to taste,
Ground Pepper.  

Soak flowers for a few hours or even overnight in salt water. Rinse well with cold running water. Shake off excess water. Sprinkle salt over meat. Heat the oil and cook the meat over high heat until it turns brown. Add the chopped onion and cook until soft. Add water or wine, put the lid back on and let the meat simmer slowly for about 1 1/2 hours. Place the watterblommetjies and suring on top of the lamb. Then add the potatoes and baby onions. Simmer for about an hour till tender. Top up with water if necessary, but do not stir the bredie while it is cooking as the flowers will break. Add lots of ground pepper to taste. Serve with rice :)
Nadia Nerina Sheard Kitching*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/waterblommetjiebredie.html

No comments:

Post a Comment