Friday, 7 June 2013

KWEPERS INGEMAAK


Inmaak van  kwepers.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/kwepers-ingemaak.html
Liana Barnard Claassen
 Sny dit net in stukke en gooi in asynwater dat dit nie verkleur nie.
Sit dan in pot met skoon water en kook so 5~10 min.
 Nie te sag nie.
Dreineer maar hou die water.
 Gebruik dan 6 koppies van dieselfde water en meng met 3 koppies suiker. VERHIT TOT DIE SUIKER OPgelos het.
 Sit nou die kwepers by en kook nog 5 minute.
Skep in warm gesteriliseerde bottels.
*6/6/13*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


KYK DIE MOOI KWEPERS WAT INGEMAAK IS**

Gister middag bietjie kwepers ingemaak vir winter poeding. Heerlik saam met vla. So 'n bottel kwepers laat mens ver terug dink. My ouma se kwepers was altyd so mooi pienk en toe ek 30 jr gelede op die plaas kom kon ek nooit myne so kry nie tot 'n buurvrou vir my sê om dit net bietjie langer te kook. Nou het ek ook pienk kwepers.*29/04/2015

 




No comments:

Post a Comment