Friday 7 June 2013

KORINGSLAAI



KORINGSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/koringslaai.htmlKook 250 ml heelkoring in water waarby bietjie sout gevoeg is.
Laat dit stadig kook vir omtrent 45 minute of tot sag.
Gooi die water af en laat koring afkoel
Kap fyn en voeg by:
1 Groen soetrissie  (ontpit)
1 ui
410g perskeskywe (gedreineer)
Meng saam en voeg by:
50 ml suiker
50 ml asyn
50 ml blatjang
100 ml sonneblomolie
4 ml matige kerriepoeier
Meng goed. Bedek en plaas in yskas.
Bly 3 tot 4 dae vars in die yskas en is heerlik saam met braaivleis.


   

                                                             


KORINGSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/koringslaai.html
1 k Koring [rou>kook dit dan]

1 blik Perskes kleiner gesny
1 ui fyngekap
1 Soetrissie gekap
Meng saam
2 t kerrie
1/2 t borrie
50ml suiker
50ml asyn



KORINGSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/koringslaai.html
2 koppies koring
2 kaneelstokkies
5 ml koljander
5 ml sout
gherkins
pitlose rosyntjies (125ml)
halwe blik perskes(nie stroop nie)
1 tamatie
1 ui
halwe greenpepper
koppie pynappel stukkies
SOUS
Mayonaise, 5ml mostert,halwe telepel paprika,5ml suiker en sout en peper na smaak


METODE
Kook koring,  kaneelstokkies , koljander en sout saam vir 30 min, koring neem taamlik lank om gaar te word,.wanneer gaar haal af en spoel in vergieter onder koue kraan maar moet nie stoom nie.
Plaas koring in opdien bak.
Sny so 3 groot gherkins klein op en ui, tamatie greenpepper ,perskes en pynappel en voeg by koring. Voeg nou rosyntjies en sous by en roer deur.
Hierdie slaai is genoeg vir 8 mense.Lorraine se Boerekos*


KORINGSLAAI MET KONDENSMELK
Heerlike slaai saam met enige braaivleis
WAT JY BENODIG:

250ml koring (ongekook)
1 Groot soetrissie (rooi of geel) in klein blokkies gekap
410g geblikte perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
62ml rosyne
sout na smaak met kookproses

SOUS:
50ml sonneblomolie
3ml borrie
6ml matige kerriepoeier
25ml blatjang
25ml suiker
25ml asyn
1 blik kondensmelk

WAT JY MOET DOEN:
1. Week die koring in genoeg water vir ten minste 2 ure
2.Gooi water af en kook in genoeg nuwe water met sout na smaak vir 10 minute in die mikrogolf
3.Om af te koel, spoel af onder koue lopende water (wees versigtig om dit nie in die drein te mors)
4. Sit in ‘n slaaibak (verkieslik met deksel) en gooi die soetrissie, perskes en rosyne by en meng goed deur.
5.Meng die sous bestanddele saam tot die suiker opgelos is
6.Gooi die slaaisous oor en meng deur
7. Laat dit ‘n rukkie staan vir die geure om in die koring in te trek
WENK:
Verpak dit in kleiner bakke met deksels, dit sal vir ‘n paar dae in die yskas hou.
Bron: kreatiewekosidees


No comments:

Post a Comment