Saturday 13 July 2013

AATAPPELMANDJIES MET KERRIE HOENDERLEWERTJIES


AARTAPELMANDJIES MET KERRIE HOENDERLEWERTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/aatappelmandjies-met-kerrie.html
Aartappel Mandjies!!

Rasper 2 aartappels en plaas in water
Spoel so 3-4 keer af en maak bietjie droog.
 Gooi bietjie Maziena [Mielieblom] oor en plaas in n groot siffie
Plaas n klein siffie bo-oor en diep braai in lekker warm olie vir n rukkie.
Mooi voorgereg bakkie of slaai bakkie!!Helena Kruger*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* april 2010 .



KERRIE HOENDERLEWERTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/aatappelmandjies-met-kerrie.html
250g hoenderlewers afgespoel en in stukkies gesny
26)5ml sout
Vars gemaalde swart peper
5ml fyn komyn
100ml droë broodkrummels
1 eier geklits
olie vir vlakbraai
1 klein ui gehalveer en gesny
25ml koekmeel
5ml kerriepoeier
250ml water of vleisaftreksel

Metode:
Geur die hoenderlewers met die sout, peper en komyn. Rol die lewers in die broodkrummels, doop dit in die eier, rol weer in die broodkrummels. Verhit die olie en braai die lewers tot gaar. Skep uit en hou eenkant warm. Braai die ui in dieselfde pan tot effens bruin. Voeg die meel en Kerrie by en roerbraai 1 min. Gooi de water of aftreksel by en laat prut tot die sous glad en gaar is. Roer gereeld. Giet die sous oor die lewers of sit die sous apart voor. Sit dit voor saam met geroosterde of vars brood.
N.S As jy nie wil kerrie gebruik nie gebruik dan in kerrie se plek lekker Sweet-chilli sousie of peri peri en braai sommer soetrissies in repies gesny saam met die uie Heerlik!!!Helena Kruger
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
— in Bultfontein (2), Free State, South Africa.




No comments:

Post a Comment