Monday 15 July 2013

AMARULA MALVAPOEDING





AMARULA MALVA POEDING

Jy het nodig; 
220 g strooisuiker 
2 groot eiers 
30 ml gladde appelkooskonfyt 
125 ml melk 
30 ml botter/margarien 
5 ml wit asyn 
185 g gewone meelblom 
5 ml koeksoda 
1 knypie sout


Verroom die suiker en eiers met ‘n elektriese klitser totdat dit lig kleurig is, ongeveer 3 min.-5 min. Klop die konfyt in net voordat dit reg is om met die ander bestanddele gemeng te word. Verhit intussen die melk, botter/margarien en asyn in ‘n beker in die mikrogolfoond op hoog vir 30 sek.-45 sek. totdat dit warm is en die botter/margarien gesmelt is. Sif die meelblom, koeksoda en sout ‘n paar keer saam in ‘n medium bak. Vou nou die helfte van die meelblom en die helfte van die verhitte vloeistof in by die eiermengsel, en daarna die ander helfte . Sodra dit gemeng is, gooi dit in ‘n 30 cm x 20 cm-glas/keramiekskottel en bak 30 min.-45 min. in ‘n 180 GC- voorafverhitte oond totdat dit goed bruin is. As die vleispen skoon uitkom, is dit reg.


Sous: 
Verhit saam in ‘n mediumgroot pot oor mediumhitte: 
100 ml botter, 
100 ml room, 
60 ml suiker en 
500 ml Amarula-likeur 
-meng net totdat die sous warm en die suiker opgelos is. Moet dit nie laat kook nie.
Haal die poeding uit die oond en gebruik ‘n vleispen om gate bo in te maak (haal jou frustrasies uit!), en gooi dan die sous oor die warm poeding. Laat dit in die afgeskakelde oond met die deur effens oop totdat die sous geabsorbeer is, sowat 5 min.-10 min. Sit warm voor met vla, room of roomys. @*CHARL LESLIE* die burger

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/amarula-malvapoeding.html

No comments:

Post a Comment