Saturday 13 July 2013

OUMA MEELBOL TUISGEMAAK


OUMA MEELBOL


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/ouma-meelbol-tuisgemaak.html
Mens druk net meel styf vas in n lee tuna blikkie en bak dan die blikkie in die oond vir ongeveer n uur op 180 c totdat die meel effens ligbruin bo op verkleur.  Skep uit blikkie en kap met vermenger fyn . Gebruik 50 ml en knippie sout wat met n koppie melk gekook word in Mikrogolf tot dik. Dis maar baie soos n dik melkkos.. Heerlik met n klontjie botter . Genoeg vir een porsie pap.


NOTA:  My ma se mens gooi eers n bietjie meel in blikkie en druk met n swaarboomglas dit vas en dan weer biki meel en druk vas tot blikkie vol is. Syt sommer n klomp gebak op n slag . Dit bêre baie maklik in lugdigte houer *Ancoise Venter



Ouma Meelbol.


 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/ouma-meelbol-tuisgemaak.html

Hierdie is g`n grap nie.  Heel eerste moet jy die regte blik kry om die meel in te bak.  Dit moet n blik wees met n metaal deksel.  Ek weet nie of mens nog so `n blik kry nie.  Ons het self Ouma Meelbol vir ons kinders gebak toe hulle klein was.  Dis eintlik babapap.`  n Lactogen of Klim blik was vroeë jare reg.  Mens het bakpoeier ook in so n blik gekry.  Die pap word gebruik vir babas maar is heerlik.  Ek en Babsie het omtrent tou gestaan om die oorskiet van die kinders te kry.  Jy meng die gaar meel met warm melk met bietjie suiker.  Ek glo die resep vir die poeding of vla sal dieselfde meel gebruik.

Metode:
Druk koekmeel in die blik van onderaf af vas met n`n lepel.  Dit vat `n tydjie.  Laag vir laag tot bo.  Dit moet baie styf ingepers en vasgedruk word anders bars die blik oop in die oond as die lug uitsit van die hitte.  Maak hom vol tot bo en sit die deksel op.  Ek het myne met `n draad bo-oor vasgedraai met `n tang sodat hy nie oop kan skiet nie.  Bak hom dan in die oond vir `n uur.  Laat afkoel.  Die meel het dan so `n effe bruin kleur as hy klaar is.  Dan is hy gaar.  Hy raak dik as jy dit in melk gooi.  Dis ongelooflik smaaklik.  Glo my.* David Vd Heever**
Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment