Wednesday 17 July 2013

BRAAIPAN GEREGTE


PIESANGBROOD
elektriese braaipan.

300g meelblom.
180g strooisuiker.
125g botter.
2 eiers.
90g gekapte okkerneute.
5ml koeksoda.
45ml suurmelk.
5ml vanilla ess.
2ml sout.
3 tot 4 groot piesangs.
Klop botter en suiker tot room, tot lig en donserig. Voeg goedgeklopte eiers by die piesangs in en voeg suurmelk by. Sif die soda en meel saam.
Voeg botter en piesang mengsel by die meel, meng en bak in ,n broodpan (,n medium hoog pan) op nr. 7 vir 45-60 minute of tot gaar.
Bron: Pineware elektriese braaipan resepte
Geplaas deur: Hilda Dates Steyn
*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/blog-post.html


Anemie Mostert
Ek weet jy sit die rooster onder in die braaipan, dan jou koekpan bo-op, maak die gaatjie in die deksel toe( hy skuif mos toe) Maak eers jou pan warm met die deksel op, op sy hoogste hitte. Moenie die deksel lig voor 30 min verby is nie. Ek keer in die mikro ñ piering om en sit die koekpan bo-op bak die koek so 7 min. Die koek het gewoonlik ñ nat kolletjie bo-op. Onthou om die koekpan uit te voer met ñ sirkel waxwrap, enspuit dan weet die pan voor jy die beslag ingooi* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/blog-post.html


KITSKOEK

in elektriese braaipan
125g sagte botter,
250g meelblom,
180g strooisuiker,
10ml bakpoeier,
3 eiers,
125ml melk,
5ml vanilla ess.

Plaas al die bestanddele in ,n bak en klop goed vir 3 minute. Giet in goed gesmeerde broodpanne en bak vir 30 minute op die rak teen medium hitte (7). Bestuif met versiersuiker en bedien. Die resep kom uit my Pineware braaipan se resepboekie.
Hilda Dates Steyn* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/blog-post.html

No comments:

Post a Comment