Wednesday 17 July 2013

PULLED BEEF BRISKET


PULLED BEEF BRISKET
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/07/pulled-beef-brisket.html


**EIE RESEP HELENA*
SMEERMENGSEL
4kg Bees Brisket
2 e sout
1t chillie poeier
2e koljander
2e Paprika
2t cumin
2t tiemie
1e knoffel poeier
2 e suiker
1 e droe pietersielie
¼ t gemmer
1 e peper
2 e bbq spice
Smeer jou vleissnitte baie deeglik met die soutmengsel in en laat so 20 min. rus





Maak jou SOUS
1bottel Castle bbq sous[ of jou eie]
2k Ginger Ale
1 blikkie[410g] tamatie puree
¼ k Molase
¼ k Sweet Chillie sous
½ -1k water
¼ k worcestersous
Meng baie goed

Plaas genyde uie en wortels onder in jou slow cooker en plaas jou vleissnitte bo-op[kan langs die kante ook insit
Gooi jou sous oor en stel op High vir 8h Heerlik en sag
Skep uit en gooi jou sous deur n sif
Laat bietjie afkoel en trek dit met n vurk uitmekaar, maak jou uie en wortels ook fyn en meng met jou *Pulled Brisket..
Gooi van jou sous oor sodat dit nie droog is nie en gebruik dit in heerlik vars rolletjies met mosterd en n lekker crispy koolslaai
*

KOOLSLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/pulled-beef-brisket.html
Kerf kool in repe
Kerf soetrissies in repe [rooi en geel en groen]
kerf uie in dun singe[kwart]
kap Agurkies fyn en stooi oor
plaas in yskas[ net so droog om crispy te bly
maak jou slaaisous eenkant en as jy jou rolletjie vul drixxel net jou slaaisous oor dan bly dit heerlik crispy.
Slaaisous
Mayonnaise gemeng met jou Agurkies se piekel sous en net n bietjie suiker.Dis al

Helena Kruger *LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG*17/7/13 




                                       LEKKER RESEPTE VIR DIE JONGERGESLAG






          
    
                                                                                                                                                                  

No comments:

Post a Comment