Saturday 20 July 2013

KITS FUDGE




                                                        >Foto>Ancoise Strydom

Super Kits Fudge

Na aanleiding van vele mense wat die bederfie van fudge wil hê maar nie die moeite en tyd wil doen van ure voor die stoof , het ek hierdie resep ontwikkel en hoop julle sal dit net soveel geniet as die ware jakob.
Dis dalk duurder as die gewone fudge maar soos alle kits produkte spaar dit jou baie moeite en tyd 

6x 80gr nestle wit milky bar sjokolade
1 blikkie caramel kondensmelk
50 gr regte botter
160gr gesifte versiersuiker

Breek sjokolade in klein blokkies
Smelt die sjokolade en botter vir 2 min 30 sek
Roer die blokkies nou tot glad en als gesmelt. Moenie langer milrogolf nie
Roer nou die blikkie karamel kondensmelk by en dan die versiersuiker.
Skep in bespuite bak . Ek het myne in sjokolade vorm silicon pannetjies gemaakLaat set in yskas en sny in blokkies
Mag julle vele verassende uitroepe kry met die eindrusultaat!!
Met Liefde
Ancoise Strydom>48 blokkies>* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/kits-fudge.html

n.s> jy meng net alles in na jy die botter en sjokolade gesmelt het

No comments:

Post a Comment