Saturday 6 July 2013

KLAM KOFFIE SJOKOLADE KOEK

KLAM KOFFIE SJOKOLADE KOEK
(ADÉLE)

Die geheim van ‘n klam sjokolade koek lê in die vervanging van botter met olie, en hierdie resep doen dit! Eenvoudige eenbakmengsel wat verseker een van jou gunstelinge gaan word.

Bestanddele

2 kop koekmeel
¾ kop kakao poeier
1½ tl bakpoeier
2 tl koeksoda
2 kop suiker
knypie sout
2 eiers
1 kop melk
1 tl vanilla essence
½ kop kookolie
1 koppie sterk koffie (aangemaak , swart, lou afgekoel)

Metode

Voorverhit oond na 180°C.
Berei 2 x +- 23cm koekpanne voor, smeer deeglik met botter.

1. In ‘n groot mengbak sif alle droë bestandele saam, voeg dan 2 koppies suiker by roer effe deur gesifte bestanddele.
2. Voeg eiers, melk, olie en vanilla saam by droë bestanddele, meng goed met klitser vir twee minute. Voeg nou jou swart koffie by, meng goed .
3. Verdeel die mengsel eweredig in jou twee voorbereide panne.
4. Bak vir 35-40 min. Toets met toetspennetjie / tandestokkie of gaar is en verwyder van oond. Laat vir 10 minute afkoel in koekpan. Maak kante los met mes. Skud die pan liggies totdat jy voel jou koek is los. Laat goed afkoel en versier .

Koffie Versiersel

6 groot eetlepels sagte botter
¾ koppie kakao
2 koppies versiersuiker
5 tl sterk koffiepoeier


Meng alles goed saam, versier koek. ( L.W. maak seker koek is goed afgekoel voor versier). Bere in koekblik wat lekker dig kan seël. Koek is altyd lekkerder as dit die vorige aand gemaak word. Gee die koek kans om te "rus"; jy sal verbaas wees watse verskil dit maak aan tekstuur en smaak....!

Ek het by bogenoemde koek karamel kondensmelk tussen die lae gesit en bo-oor is 100g Cadbury Heelneut Sjokolade gesmelt met ongeveer 50 ml room.

No comments:

Post a Comment